In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die DESTiny-model, Pioneer se 100ste verjaarsdag en die impak wat die Tongaat Hulett-likwidasie-aansoek op die bedryf het.
DESTiny-model
Het jy geweet herbivore kan koolstof deur middel van fotosintese bind? Om die koolstofvoetspoor op ‘n melkplaas te bereken, word die DESTiny-model gebruik. Dr Heinz Meissner vertel ons meer oor Melk SA se projek in hierdie verband.
Pioneer vier 100ste verjaarsdag
Pioneer vier vanjaar hul 100ste verjaarsdag en ons hoor by Caria Grobler wat dit vir landbou in Suid-Afrika beteken.
Tongaat Hulett-likwidasie-aansoek impak op bedryf
Tydens ’n onlangse mediatoer van die Suid-Afrikaanse Suikervereniging, het ons met Pratesh Sharma gesels. Hy is ’n kommersiële suikerrietkweker in die Tongaat-omgewing en ons het hom uitgevra oor die implikasies wat die Tongaat Hulett-likwidasie-aansoek vir kwekers en die bedryf as geheel inhou. Hy praat ook oor suiker-invoere wat die plaaslike bedryf lamlê.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.