In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor nuwe navorsing oor die koolstofvoetspoor van wol en ons ontvang die nuutste internasionale landbounuus.
Koolstofvoetspoor van wol
Ons hoor dikwels dat na wol verwys word as ‘n natuurlike vesel, maar het jy geweet nuwe navorsing toon dat wol se koolstofintensiteit aansienlik verminder wanneer die biogeniese vloei van koolstof in ag geneem word? Ons gesels met Deon Saayman van Cape Wools hieroor.
Internasionale landbounuus
Moet ook nie ons maandelikse internasionale landbounuusbulletin misloop nie. Ons berig oor bedrog in die visbedryf wat ‘n wêreldwye probleem is, angellose bye wat amptelike regte in Peru verkry het, en die Amerikaanse Departement van Landbou wat waarsku dat kunsmispryse vanjaar sterk sal styg.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.