In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die oorlewing van plante, diere en landbou in die Kalahari- en Karoo-streke en ons gesels oor die Victoria-Wes skou.
Landbou in die Kalahari- en Karoo-streke
Het jy geweet die geharde droë Kalahari- en Karoo-streke word sterk beïnvloed deur die koue Benguela-seestroom wat noordwaarts langs die suidwestelike kus van Afrika vloei? Dan is die vraag natuurlik, hoe oorleef plante en diere in dié streke en watter impak het dit op landbou? Prof Charlie Reinhardt gesels met ons hieroor.
Victoria-Wes skou
Ons kuier ook by die onlangse Victoria-Wes skou en luister na ‘n gesprek met Jakkals Olivier oor die uniekheid van die skou. Dan vertel die skou se opkomende boer-wenner, Thys Agterdam, oor sy sukses.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.


