RSG Landbou: 10 November 2025 – geborg deur BKB

In vandag se RSG Landbou vind ons uit wat sal gebeur as veeveilings nie meer plaasvind nie, dok Faffa Malan gee raad oor insekoorgedraagde siektes met die reën en ons gesels oor die LNR se Vleisbeespresteerderstoekennings kategorieë.

Wat sal gebeur as veeveilings nié meer plaasvind nie

Wat sal gebeur as veeveilings nié meer plaasvind nie? Casper Schmidt van BKB beantwoord in vanoggend se RSG Landbou hierdie vraag.

Insekoorgedraagte siektes met die reën

Daar word nog baie reën vir groot dele van Suid-Afrika voorspel en veeprodusente moet op die uitkyk wees vir insekoorgedraagde siektes. Die bekende veearts, dok Faffa Malan, gee raad.

Kategorieë van die LNR se Vleisbeespresteerderstoekennings

Die Landbounavorsingsraad se Vleisbeespresteerderstoekennings word op 27 November gemaak. Frans Jordaan gesels met ons oor die verskillende kategorieë van dié kompetisie.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Sosiale media en die reg: Wees baie versigtig

Estimated reading time: 4 minutesOmdat die akkuraatheid of waarheid van inligting selde gekontroleer of...

100 jaar van wolproduksie (Deel 5): Die boublokke van ’n welvarende land

Estimated reading time: 7 minutesDie Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) betree binnekort die volgende 100 jaar...

Lantana camara: Waak teen dié struik

Estimated reading time: 3 minutesLantana-vergiftiging is een van die algemeenste vorme van plantvergiftiging by...

RPO Vrystaat-kongres: Winsgewendheid, BEK en leierskap

Estimated reading time: 3 minutes’n Besigheid moet winsgewend wees om volhoubaar te funksioneer.Die Rooivleisprodusente-organisasie...