Landboumarkte: September 2025 Varkvleispryse behou sy stygende tendens

Estimated reading time: 3 minutes

Gedurende September het die rand vir ’n opeenvolgende maand teenoor die Amerikaanse dollar versterk en die maand op R17,25 vir een dollar gesluit. Dit is ongeveer 47 sent sterker as aan die einde van Augustus. Die rand het ook weereens teenoor die Euro met sowat 40 sent versterk en die maand afgesluit op R20,25 vir een Euro. Wat inflasie betref het ons gesien dat die verbruikersprysinflasie op 3,3% bereken is vir Augustus 2025 en die produsenteprysinflasie op 2,1% bereken is, met die prima-rentekoers wat in September onveranderd op 10,5% gebly het.

Geelmielieprys daal verder

Die geelmielieprys het in September ’n verdere daling in pryse ervaar en sluit die maand op die jaar se laagste prys van R3 395/ton af, wat aan die einde van September aangeteken is.

Beeskarkaspryse wissel tussen klasse

Die gemiddelde A2-beeskarkasprys het met R1,41/kg gedaal en sluit die maand op ’n gemiddelde prys van R71,72/kg af. Die B2-karkasprys het ’n styging van ongeveer R0,99/kg ervaar en behaal ’n gemiddelde prys van R60,89/kg vir die maand. Die C2-karkasprys het ook ’n opwaartse tendens ervaar en ’n gemiddelde prys van R59,79/kg is vir die maand bereken (sowat R0,86/kg hoër as in Augustus). In die maand van September ervaar die speenkalfmark ʼn daling in pryse en sluit die maand af op ʼn gemiddelde prys van R37,01/kg (teenoor R37,63/kg in Augustus).

Skaapvleispryse styg steeds

Na Augustusmaand se sterk groei, ervaar skaapvleispryse verdere stygings in pryse gedurende September. A2-skaapkarkasse se gemiddelde prys styg met ongeveer R1,74/kg en eindig die maand op ’n gemiddelde prys van R109,96/kg. B2-skaapkarkasse ervaar ook ’n versterking van ongeveer R0,78/kg en sluit die maand op ’n gemiddelde prys van R85,42/kg af. Die C2-skaapkarkaspryse pryse styg R0,28/kg en sluit die maand dus op ’n gemiddelde prys van R82,93/kg af. Teenoor die styging in skaapvleispryse het die stoorlamprys ’n effense daling ervaar en sluit die maand op ʼn gemiddelde prys van R49,95/kg af (teenoor Augustus se R50,67/kg).

Styging in wolpryse

Die nuwe wolseisoen wat 20 Augustus begin het hou groot hoop vir produsente in weens die dalende wêreldwye aanbod van wol en lae volumes wat in die Chinese verwerkingspyplyn gerapporteer is. Dit het tot ’n styging in pryse gelei.

Varkkarkaspryse behou stygende tendens

Die O-varkkarkasprys ervaar ’n verdere styging in pryse (sien Figuur 1) en eindig die maand op ’n gemiddelde prys van R36,23/kg, ongeveer ’n R1,32 versterking teenoor Augustus. – Iniel Huggett en dr WA Lombard, Departement van Landbou-Ekonomie, Universiteit van die Vrystaat 

Figuur 1: Varkvleispryse vir 2025

Must read

LandbouRadio: 7 April 2026

Estimated reading time: 1 minute In Dinsdag, 7 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Johan gesels met dr Bobbby van der Westhuizen, hoofbestuurder...

RSG Landbou: 7 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die gemmerbedryf, die Nasionale Wolkwekersvereniging se 100ste bestaansjaar en ons ontvang die nuuste wolmarkverslag. Gemmerbedryf Niks...

RSG Landbou: 6 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die 2026 LRF Veeskool, AFSTA se kongres en ons skop af met ons nuwe...

LandbouRadio: 6 April 2026

In Maandag, 6 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons skop af met onkruidkenner, prof Charlie Reinhardt, en hy gesels oor die...

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met die titel van Landbounavorsingsraad (LNR) Nasionale Vleisbeesverbeteringskudde van die Jaar...