HomePodcastsRSG Landbou: 25 Augustus 2025

RSG Landbou: 25 Augustus 2025

‘n Preserveerproduk wat koning kraai, ‘n gesprek oor die rooivleisbedryf en ‘n kookwater Brangus-bul was alles deel van vanoggend se RSG Landbou.

Makataan maak skoonskip

’n Tradisionele gunsteling, makataanwaatlemoen van Compagniesdrift in Stellenbosch, is as die eerste Suid-Afrikaanse Preserveerproduk van die Jaar aangewys. Ons gesels met Ilse Ruthford.

Van Reenen praat oor rooivleis

Louw van Reenen van die Beefmaster-groep het tydens die RPO se Oos-Kaapse kongres met ons oor die rooivleisbedryf gepraat.

Kovsies besoek Brasilië

Vier studente van die Universiteit van die Vrystaat het Brasilië in Junie besoek vir IFAMA se saakstudie-kompetisie en Hano Jordaan vertel ons meer.

Brangus-bul laat bokke inrol

Dan gesels Kyla Scholtz van Scholtz Brangus by Vryburg oor hul rooi Brangus-bul wat die hoogste prys op die Brangus-beestelersgenootskap se 40ste nasionale veiling in Parys behaal het.

Julie se aartappelverkope

Ons hoor ook wat Aartappels SA te sê het oor aartappelverkope in Julie.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

RSG Landbou: 6 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die 2026 LRF Veeskool, AFSTA se kongres en ons skop af met ons nuwe...