RSG Landbou: 15 Julie 2025 – geborg deur Melk SA

Wat is monogastriese diere en hoe doen Melk SA verbruikersopvoeding? Dit – en meer – in vanoggend se RSG Landbou.

Voeding vir monogastriese diere

Daar word na varke en pluimvee as monogastriese diere verwys. Navorsing oor voeding vir dié diere om optimale produksie te verseker, is die spesialisveld van Cara Nel van Vitam International. Ons vind uit wat dit behels.

Melk SA kommunikeer met verbruikers

Christine Leighton gesels oor die Verbruikersopvoedingsprojek van Melk SA en hoe daar met verskillende verbruikers gekommunikeer word.

Venters hou veiling

Boeram Venter van Venter Boerdery naby die Addo-olifantpark, praat oor die aanpasbaarheid van die Bonsmara in dié omgewing en wat op aanbod sal wees tydens hul veiling van 25 Julie.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Melk SA.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

RSG Landbou: 8 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor TLU SA se eerste Jeugboer van die Jaar-kompetisie, topgenetika en die belangrike rol wat...

LandbouRadio: 8 April 2026

Estimated reading time: 1 minute In Woensdag, 8 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons spring weg met Leon die skaapherder en sy...

Dynamics of the South African lucerne hay industry (Part 4): Producer prices

Estimated reading time: 8 minutes The previous articles in this series focussed on aspects relating to grading, quality, production areas, and production methods. This article...

LandbouRadio: 7 April 2026

Estimated reading time: 1 minute In Dinsdag, 7 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Johan gesels met dr Bobbby van der Westhuizen, hoofbestuurder...

RSG Landbou: 7 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die gemmerbedryf, die Nasionale Wolkwekersvereniging se 100ste bestaansjaar en ons ontvang die nuuste wolmarkverslag. Gemmerbedryf Niks...