Lise Roberts gesels in vanoggend se RSG Landbou met Bernice Mostert van SA Stamboek oor die SA Vleismerino-skaapras. Daar is ook weer- en veilingsnuus en die weeklikse vleispryse.
SA Vleismerino skaapras
Stamboominligting oor die SA Vleismerino-skaapras strek so ver soos 14 generasies terug. Daar is tans 88 SA Vleismerino-telers wat aan prestasiemeting by SA Stamboek deelneem. Ons gesels met dr Bernice Mostert.
Weeklikse weer en vleispryse
Chris Derksen is terug met hierdie week se vleisprysverslag en Johan van den Berg praat weersake.
Opkomende veiling
Don McHardy van Reeba Brahman en Droughtmasters praat oor hul veiling op 8 Julie by Mooirivier in KwaZulu-Natal.
RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.