In vanoggend se RSG Landbou, aangebied deur Lise Roberts, vind ons meer uit oor ‘n boerkompetisie, veediefstal in die Noord-Kaap en ‘n Brahman-produksieveiling.
Bees- en Skaapboer van die Jaar
Benoemings vir die 2025 Bees- en Skaapboer van die Jaar-kompetisie, wat jaarliks deur Voermol Voere aangebied word, is reeds oop. Dr Josef van Wyngaard kuier in die ateljee om onder meer oor die kriteria van die kompetisie te gesels.
Veediefstal en veilings
Frederik van Zyl van die RPO Noord-Kaap praat oor veediefstalsyfers in dié provinsie.
Verder vertel Ting Braithwaite van Damview Brahmane ons meer oor hul 21ste produksieveiling op 3 Julie in die omgewing van Bergville in KwaZulu-Natal.
Landbounuus
Izak Hofmeyr deel vandag die maandelikse internasionale landbounuus.
RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.

