Lise Roberts, aanbieder van RSG Landbou, gesels vanoggend met verskeie gaste oor landboukwessies insluitend die G20 en ‘n opkomende veiling in Syferfontein.
G20 en landbougrond
Een van die fokuspunte van die G20-beraad wat later vanjaar in Suid-Afrika plaasvind, is voedselsekerheid. Waar staan Suid-Afrika in terme van voedselsekerheid, hoe word dit gemeet en wat is landbou se rol? Ons gesels met Dawie Maree van FNB Landboubesigheid.
Dr Jane Buys van Vrystaat Landbou gee raad in terme van die onregmatige besetting van landbougrond.
Syferfontein-veiling
Dan hou Syferfontein Bonsmara ‘n veiling op 12 Junie in die Vrede-omgewing en Nico Pieterse praat oor die aanbod.
RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.


