In vandag se LandbouRadio:
- Ons vind meer uit oor die Lewendehawe Registrerende Federasie se 2025 Veeskool wat in Oktober by Aldam in die Vrystaat plaasvind.
- Daar is nuus oor navorsing van die Wes-Kaapse Departement van Landbou om seker te maak dat kleingraanboere aan die voorpunt van volhoubare gewasproduksie bly.
- En dan gesels ons met ‘n verbruikersekonoom, Hester Vermeulen, oor voedselvermorsing.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.


