BKB-skaapramveilings het die afgelope seisoen groot sukses behaal. JP Marais wat by meer as 90% van die veilings betrokke was, gee terugvoer.
Kuilvoerverliese en die voorkoming daarvan het onlangs op Rumivation Nutrition se eerste beesvoerkraal-ekspo buite Potchefstroom onder die loep gekom. Christal-Lize Muller het daar met Richardt Venter van AgSci Agroservice Budissa Bagger hieroor gepraat.
Wat beteken die bewegings in die rand se grafiek vir mielieprodusente? Frans de Klerk gee nou perspektief.
Chris Derksen vertel ons wat het hierdie week met vleispryse gebeur en Johan van den Berg is terug met weersake.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.