HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 9 Oktober 2023 - geborg deur BKB

RSG Landbou: 9 Oktober 2023 – geborg deur BKB

Volgens navorsing kan sitrus, laventel en knoffel help met bosluisprobleme by vee. Frans Hagg van Allied Nutrition verduidelik in Maandag se aflewering van RSG Landbou hoe produsente dit deel van hul dip-programme kan maak.

Dan praat ons met Kylon Liversage van Trail Rider Saddles op Belfast oor die rede vir saalsere by veeperde en hoe dit voorkom kan word.

Soos oudergewoonte op ‘n Maandag is daar ook veilingsnuus.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 36 of 2024

The weekly pork carcass prices are brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO). Click here for this week's report. How are these...