Monday, December 8, 2025
HomeGeneral agricultureMelkvervangers vir varkies groei in gewildheid

Melkvervangers vir varkies groei in gewildheid

Estimated reading time: 4 minutes

Vervangers vir sogmelk is nog nie so gewild in Suid-Afrika soos in Nederland of Denemarke nie. Dit neem wel stadig maar seker in gewildheid toe, waarskynlik weens die groter werpsels wat deur moderne sĆ“e geproduseer word en ā€˜n gekorreleerde daling in varkies se geboortegewigte.

Varkgenetikamaatskappye plaas ook meer klem op beter geboortesyfers en hierdie fokus het tot indrukwekkende resultate gelei. Dit is nie meer ongewoon om deur ’n jonghuis te loop en werpsels van byna 20 varkies te sien nie. Hoewel genetika ook die melkproduksie-eienskappe van sĆ“e verbeter het, is daar tog ’n wanbalans en het melkopbrengs nie teen dieselfde tempo as varkie-oorlewing verbeter nie. Dit beteken dat individuele varkies minder melk, selfs biesmelk, kry. Die gevolg is hoĆ«r voorspeense vrektes, laer gemiddelde daaglikse toenames, en vinniger uitputting van die sog se liggaamsreserwes.

Spreek die uitdagings aan

’n HoĆ«-gehalte, varkie-spesifieke melkvervanger kan die uitdagings by groter werpsels aanspreek. Ten volle geĆÆntegreerde melkvoerstelsels is algemeen in jonghokke op Europese varkplase. Dit is gekoppel aan ’n voerbak in ’n voerkamer, algemeen bekend as die ā€˜kombuis’, waar die melkpoeier met water gemeng en dan verhit word tot die ideale temperatuur vir optimale inname.

Die leweringstelsel kan wel verskil. Sommige voerders het ’n klep wat die varkies self aktiveer sodat melk uitvloei en die bak vul. As gevolg van die positiewe druk van die pomp, kan geen ā€˜vuil’ melk terugvloei in die stelsel nie. Ander stelsels werk weer met ’n tydreĆ«laar wat melk op vasgestelde tye van die dag beskikbaar stel. Dit gaan gepaard met ’n geluid wat die varkies stimuleer om te drink.

Baie van hierdie stelsels word ook gebruik om die oorgang van vloeibare melkgebaseerde voeding na graangebaseerde voeding in die naspeenfase te bestuur.

Korrekte plasing

Dit is nie altyd nodig om ’n outomatiese pompstelsel te gebruik vir melkaanvulling nie. Indien jy met die hand voer, is dit raadsaam om klein hoeveelhede twee tot drie keer per dag te voer, aangesien dit die varkies sal lok om te kom drink en verhoed dat die vervanger se water en vastestowwe skei.

Die ideale plek om die voerbak te plaas is effens meer as halfpad in die jongkrat in, maar buite bereik van die sog. Om te keer dat die varkies nie in die melk ontlas nie, moet die bakke nie in die hoeke van die krat geplaas word nie. Indien dit te na aan die gang is, kan die sog se ontlasting en urine ook in die melk beland.

Beskikbare navorsing toon dat aanvullende melk verskeie voordele bied. Een studie deur Zijlstra (1996) toon dat varkies in verskillende gewigskategorieƫ wat vanaf dag 18 vir een week aanvullende melk gekry het, gemiddeld 20% swaarder was as die kontrolegroep wat geen aanvullende melk gekry het nie. Dieselfde studie het ook getoon dat die aanvullende-melk groep se villi in die dunderm 74% langer was met speen.

Beter daaglikse toename

’n Studie deur Douglas et al. (2014) het getoon dat aanvullende melk mede-dinging in werpsels verminder het. Binne 24 uur nadat ’n sog gejong het, is groepe geskep vir varkies met lae geboortegewigte (<1,25kg) en gemengde geboortegewigte (laag en normaal). Die helfte van die varkies in elke groep het melkaanvullings ontvang.

Figuur 1: Effek van hoeveelheid varkies gebore, op individuele varkies se geboortegewig.

Die varkies in die lae-geboortegewig groep het aansienlik meer aanvullende melk gedrink en hoƫr gemiddelde daaglikse toenames getoon as die ligte varkies in die gemengde groep. Die speengewig van die varkies in die eerste groep was 500g meer as die ligte varkies in die gemengde groep.

In ā€˜n verdere studie deur dieselfde outeur is getoon dat varkies met laer-as-gemiddelde geboortegewigte se uiteindelike speengewig belangriker is vir leeftydprestasie as geboortegewig. As hierdie varkies die moeilike beginfase kan oorkom en hoĆ«-gehalte aanvullende melk en kruipvoer ontvang, kan hulle kompenserende groei toon en beter meeding met varkies met hoĆ«r geboortegewigte. – Stuart Watson, P3NC

Vir meer inligting, kontak Stuart Watson by 076 081 6587 of stuart.watson@p3nc.co.za.

Must Read

SAPPO Retail Price Statistics: November 2025

The monthly SAPPO Retail Price Statistics Report provides detailed statistics and trends on the retail prices of various meat products, including pork, chicken, beef, and lamb. Monthly Price...