RSG Landbou: 22 Augustus 2023 – geborg deur Brahman Beestelersgenootskap

Piet Roux van Prieska is onlangs as die 2023 Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur aangewys. In Dinsdag se aflewering van RSG Landbou kuier ons by hom op sy plaas, Biega, om uit te vind hoe hy klimaatslim boer.

Merino SA het op Graaff-Reinet hul nasionale veiling aangebied en tydens dié geleentheid ook ‘n paar adviseurs vereer. RSG Landbou berig nou hieroor.

Dan het wolveilings verlede week hervat en Heinrich Victor bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte met die weeklikse wolmarkverslag en hoe die mark daaruit sien.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Brahman Beestelersgenootskap.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Four agricultural labour law myths

Estimated reading time: 4 minutesWhen employers rely on incorrect assumptions rather than the law...

Sosiale media en die reg: Wees baie versigtig

Estimated reading time: 4 minutesOmdat die akkuraatheid of waarheid van inligting selde gekontroleer of...

100 jaar van wolproduksie (Deel 5): Die boublokke van ’n welvarende land

Estimated reading time: 7 minutesDie Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) betree binnekort die volgende 100 jaar...

Lantana camara: Waak teen dié struik

Estimated reading time: 3 minutesLantana-vergiftiging is een van die algemeenste vorme van plantvergiftiging by...