Beheer lintwurms vir beter lammergroei

Estimated reading time: 3 minutes

Lammers kan reeds op ‘n baie vroeë stadium met melklintwurm besmet raak. Die inwendige parasiet ontneem sy gasheer van voedingstowwe en belemmer optimale groei en winsgewende prestasie.

Die voorkoms van swak presterende boepenslammers by kleinvee kan grootliks aan besmetting deur melklintwurms toegeskryf word. Sulke besmette lammers groei swak, kom kroes voor en kan ook aan diarree ly. 

Besmetting

Besmetting deur melklintwurm vind plaas wanneer lammers reeds vanaf n baie vroeë ouderdom aan grashalms begin peusel terwyl hulle rustig saam met ooie wei. Dit is aan sulke grashalms waar besmette grasmyte voorkom en dan toevallig saam met n peuselhappie van die lam, die spysverteringskanaal binnedring.

Hierdie grasmyte word wêreldwyd aangetref. Gevolglik is die probleem van melklintwurmbesmetting ook eie aan plaaslike toestande waar dit op veld- en aangeplante welding voorkom. Grasmyte dien as tussengasheer vir die melklintwurm wat Iammers vanaf ouderdom twee tot ses maande besmet.

Ontwikkeling

Die ryskorreltjies wat in die mis van lammers voorkom is volwasse segmente wat deur die volwasse melklintwurm afgeskei word. Die interessantheid van so n segment is dat dit beide die manlike- en vroulike geslagstelsel bevat om bevrugting van die eiertjies te laat plaasvind. So ’n segment bevat duisende bevrugte eiertjies. Wanneer ’n segment oopbreek, eet grasmyte die eiertjies waarna dit in die myt uitbroei en verder ontwikkel tot die besmetlike blaaswurmstadium.

In die spysverteringskanaal ontbind die grasmyt as die lintwurm se groei in aanvang neem. Die groei begin vanaf die kop (skoleks) van die wurm en by volwassenheid kan ’n melklintwurm soms meters lank word totdat dit begin om volwasse segmente af te skei.

Tekens van besmetting

lndien misondersoeke deur ’n plaaslike veearts gedoen word, kan die driehoekige eiertjies onder die mikroskoop waargeneem word. Omdat lammers voortdurend besmette grasmyte opneem, lei dit tot groot getalle lintwurms wat in die dunderm van die lam vestig. Hierdie besmetting kan aanleiding tot diarree gee. Waar welding in ’n swak toestand is vermaer die lam, vertoon kroes en is lusteloos. Die uiteinde daarvan is ’n onaansienlike boepenslam wat swak presteer.

Post mortem ondersoek op ’n skaap met lintwurmbesmetting (Veterinary Record)

Daar is baie min inligting oor die patologiese invloed van melklintwurms by lammers beskikbaar. Waarnemings deur boere toon egter dat die herstel van besmette lammers opsigtelik is indien tydige behandeling plaasvind. Daar is wel gevalle van vrektes waar ’n nadoodse ondersoek slegs ’n hoë besmetting van melklintwurm aangedui het en dit as oorsaak van die lam se dood geïdentifiseer is.

Waar erge ladings van melklintwurmbesmetting teenwoordig is lei dit tot ekonomiese verlies. Veral lammers wat toegelaat word om tot die boepensstadium agteruit te gaan, verg baie aandag en korrekte voeding sodat hulle kan herstel om winsgewend te kan wees.

Behandeling en bestuur

Al word lammers ontwurm, is hulle deurlopend aan herbesmetting blootgestel. Daarom is dit nodig dat ’n volgehoue bestuursprogram wat die beheer van melklintwurms insluit, toegepas word om die lammers toe te laat om optimaal te kan presteer.

Lees meer oor haarwurm.

Wanneer lammers tussen vier en ses maande oud is, raak hulle gewoonlik vanself van melklintwurmbesmetting ontslae. Dit is gedurende hierdie tydperk dat lammers ook met die getande lintwurm besmet raak. Segmente van die twee onderskeie lintwurmspesies in die mis van lammers is bale moeilik van mekaar onderskeibaar en veroorsaak dikwels klagtes dat ’n produk wat vir die beheer van melklintwurm toegedien is, nie doeltreffende beheer verleen het nie. Die aard van besmetting is dan gewoonlik dié van getande lintwurms. – Elanco Animal Health (voorheen Bayer Dieregesondheid), Veeplaas 2012

Must read

The wild side of nutrition

Estimated reading time: 4 minutes Various game animals roam the vastly different landscapes of South Africa. Looking back at history, large numbers of these animals...

Geniet sukses met ’n goeie winterlekprogram

Estimated reading time: 4 minutes Deur ’n goed-deurdinkte winterlekprogram te volg, kan jy die toekomstige produktiwiteit van jou kudde verseker. Die doel van ’n winterlekprogram...

RSG Landbou: 8 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor TLU SA se eerste Jeugboer van die Jaar-kompetisie, topgenetika en die belangrike rol wat...

LandbouRadio: 8 April 2026

Estimated reading time: 1 minute In Woensdag, 8 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons spring weg met Leon die skaapherder en sy...

Dynamics of the South African lucerne hay industry (Part 4): Producer prices

Estimated reading time: 8 minutes The previous articles in this series focussed on aspects relating to grading, quality, production areas, and production methods. This article...