Wurmplan-nuus: Watter haarwurmmiddel moet ek gebruik?

Estimated reading time: 2 minutes

Haarwurm is die algemeenste somerparasiet in baie dele van die Karoo. Die eiers is in die veld en as daar genoeg vog en nagtemperature bo 10 tot 15 °C is vir drie weke, broei die larwes uit en klim op die gras met die dou.

Vee kan slegs die larwes inneem as daar gras is. Na 21 dae begin die volwasse haarwurms bloed suig. In ons omgewing by Steynsburg, was daar ongewone hoeveelhede vroeë lentereën wat waarskynlik gedurende November tot ‘n haarwurmuitbreking sal lei.

Volwasse skape en bokke wat gedurende die winter haarwurmparasiete in die melkmaag (abomasum) gehad het, kan voldoende immuniteit hê om so uitbreking die hoof te bied. Jong lammers wat net drie of vier weke oud is, kan baie vatbaar wees as hulle aan baie larwes blootgestel word. Hulle het nog nie genoeg immuniteit teen die parasiet opgebou nie.

Die afgelope paar jaar het ons toenemend gesien dat haarwurm weerstandig geword het teen die vyf belangrikste groepe middels. Dit lyk dikwels of die produkte steeds effektief is, maar ons het tog baie gevalle gehad waar miseiertellings, veral by lammers, nie na dosering afneem nie. Daarom moet produsente uitvind watter middels steeds goed op hulle plaas werk om geldmors te vermy.

Mismonsters en die vyfpuntplan

Dit is daarom goed om mismonsters van jou kuddes so gou as moontlik te neem en by jou veearts te laat toets om te sien of daar haarwurms is. ʼn Maandelikse monster tesame met die vyfpuntplan op lammers gedoen behoort voldoende waarskuwing te gee indien die wurmpopulasies toeneem. Wanneer ons bevind dat die tellings in ‘n kudde 4 000 haarwurmeiers per gram of meer bereik het, kan ons ‘n miseiertelling-reduksietoets (METRED-toets) op die kudde doen om te bepaal watter van die vyf groepe middels die beste werk.

Die METRED-toets vereis dat ons vyf groepe van 20 diere doseer met vyf produkte wat die vyf groepe verteenwoordig. Ons merk die skape en neem ‘n mismonster van elke skaap voor dosering, en weer na tien dae. As ons voldoende monsters van alle areas in ons omgewing ontvang, sal ons ‘n kaart kan teken van die uitbrekings en watter produkte die beste werk.

Intussen, vermy asseblief dosering van diere wat dit nie benodig nie. Dit mors nie net baie geld nie, maar dit dra ook grootliks tot die toenemende weerstandigheid teen wurmmiddels by. – Dr Johan van Rooyen, Steynsburg-dierehospitaal

Steynsburg-dierehospitaal lei produsente en hul personeel gratis op om doelgerigte selektiewe dosering toe te pas met behulp van die Famacha-kaart. Vir meer inligting, kontak dr Johan Van Rooyen by 082 463 3087, of Wandile Khave by 066 303 6271 (Whatsapp), of Choppa Siko by 071 123 0470.

Must read

Boran-beestelersgenootskap skud vere reg vir veiling

Nasionale beesveilings gaan groot – Plaas TV dek almal

Estimated reading time: 2 minutes Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes: Die Boran-beestelersgenootskap se nasionale veiling, een van die grootste nasionale...

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse word weekliks aan u gebring deur Absa en die RPO. Neem kennis dat hierdie nie kleinhandelpryse is nie, maar wel plaashekpryse wat BTW uitsluit. Get the...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 26 of 2024

The weekly pork carcass prices are brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO). Click here for this week's report. How are these prices calculated? The Red Meat Abattoir Association (RMAA) gathers pricing data...
Psilocybe maluti was found growing in pastureland on cow manure in the Free State and Kwa-Zulu Natal provinces of South Africa, as well as the highlands of Lesotho. (Photograph: Cullen Taylor Clark)

New psychoactive mushroom species discovered in Southern Africa

Estimated reading time: 3 minutes Two new species of mushrooms in the genus Psilocybe have been discovered in Southern Africa, bringing the list to six known species indigenous to Africa. Psilocybe species are among the most...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 4 minutes Johan van den Berg is weer terug op sy pos met sy weeklikse weersake-gesprek met Lise Roberts op RSG Landbou. Luister nou na hierdie week se weerverslag soos op 4...