HomePlaas TVWinter, wol, veilings en stropers - alles op Plaas TV

Winter, wol, veilings en stropers – alles op Plaas TV

-

Vandag is #kykweervrydag op Plaas TV waar ons hoogtepunte deel uit die week wat was.

Die Karoo Winter Wolfees vind van 3 tot 5 Julie in Middelburg in die Oos-Kaap plaas en feesgangers kan hulle lippe aflek vir ‘n viering van wol, die gees van die Karoo en ‘n snoesige winteratmosfeer. Lewendige musiek en vermaak, werkswinkels en demonstrasies, handgemaakte produkte, Karookos en wynproeë is alles deel daarvan.

New Holland is trots op hulle CR7.90- en CR9.90-stropers en is ook opgewonde oor die jongste Twin Rotor-tegnologie, wat vanjaar 50 jaar oud is.

Die Nasionale Wolkwekersvereniging spog met ‘n bobaas skaapskeerder wat onder die topses in SA is. In dié video verduidelik hulle presies hoe skaapskeer en wolklassering werk.

The South African Pork Producers’ Organisation (SAPPO) provides several opportunities for roleplayers in the pork industry to improve and become more sustainable, Thembelihle Ngiba and Karla Zietsman tell us more.

Hierdie jaar het die 5de Selected Star-produksieveiling 17 Savanna-bokramme, 70 Savanna-bokooie, 2 Van Rooy-skaapramme en 5 Van Rooy-skaapooie van 4 verskillende verkopers aangebied.

Must Read

The wild side of nutrition

Estimated reading time: 4 minutes Various game animals roam the vastly different landscapes of South Africa. Looking back at history, large numbers of these animals...