Tuesday, March 11, 2025

Weeslammers: Wenke om ooi en lam te herenig

Share This Post

Estimated reading time: 4 minutes

Dit is ’n groot uitdaging om ’n lam wat deur sy ma verwerp is, met die hand groot te maak. Dit kos baie geld en tyd, en dit is nie altyd suksesvol nie. Die beste oplossing is dat elke ooi haar eie lammers moet versorg en voed. Maar wat kan jy doen as jy ’n goeie ooi het wat nog baie lammers kan produseer, maar sy wil nie haar gesonde lam aanvaar nie? ‘n Mens wil mos nie van so ’n ooi ontslae raak nie.

AgriOrbit het by Leon Kruger, ’n dosent in landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat, gaan hoor hoe produsente so ’n situasie moet hanteer. Hy het verskillende redes en metodes gegee om die probleem aan te spreek.

Hy sê dat dit dikwels gebeur dat jong ooitjies hul lammers verwerp, omdat hulle nog nie reg is vir dragtigheid en lamming nie. Hulle is fisies en sielkundig onvolwasse, en hulle raak bang en verward gedurende die proses. Hulle hardloop dan weg van hul lammers af, of hulle gee hulle glad nie aandag nie.

Lees meer oor die moets en moenies van kruipvoer vir lammers.

Die belangrikste faktor wat die band tussen ooi en lam bepaal, is reuk. Die ooi moet haar lam se reuk ken en herken as haar eie. As daar iets gebeur wat die reuk versteur of verander, kan die ooi die lam verwerp.

Byvoorbeeld, as die ooi ’n tweeling kry, kan dit gebeur dat die eerste lam melk gaan soek by ’n ander ooi terwyl sy nog besig is om die tweede lam te kry. Die ander ooi se reuk bly dan op die lam, veral as sy hom wegstamp. Wanneer hy terugkom by sy regte ma, stoot sy hom weg omdat hy na ’n ander ooi ruik.

Dit kan ook gebeur as die ooi se neus geblokkeer is deur die skaapneusvlieg se larwes, wat slym veroorsaak. Die ooi kan dan nie haar lam se reuk optel nie, en sy dink dit is nie haar eie nie.

’n Ander fout wat produsente soms maak, is om die lammers met hul hande te vashou of te dra. Dit veroorsaak dat die produsent se reuk ook op die lam kom, en dit maak dit moeiliker vir die ooi om haar lam te identifiseer. As jy ’n lam moet optel, moet jy hom by sy voorpote vashou, en nie teen jou lyf druk nie.

Leon se raad is om so min as moontlik met die lammers te meng. “Die beleid van maksimum waarneming en minimum inmenging moet geld.”

Metodes om ‘n ooi en lam te herenig

As jy egter in ’n situasie beland waar jy ’n weggooilam het wat sy ma nodig het, kan jy probeer om hulle weer bymekaar te bring. Leon sê daar is baie metodes wat produsente gebruik om dit te doen, maar hulle werk nie altyd nie. Hy het self al van hierdie metodes probeer.

Die metode wat vir hom die beste gewerk het, is om die ooi en haar lam in ’n klein kamp te sit en die ooi vas te druk sodat die lam kan drink. Hy sê dit neem ongeveer twee weke voordat die ooi die lam sal aanvaar. Maar hy waarsku dat hierdie metode net werk as die ooi nie aggressief teenoor die lam is nie.

Ander metodes wat hy probeer het, maar wat minder suksesvol was, is:

•  Smeer die lam met vrugwater of plasenta van die ooi.

•  Simuleer die geboorteproses deur jou hand in die geboortekanaal te druk en te masseer deur ’n vuis te maak. Dit kan slegs gedoen word kort na die lam se geboorte en het ook maar ’n wisselende sukses.

•  Laat die lam melk steel by ander ooie. As die lam  sterk is, kan hy in ’n klein troppie gelos word om melk te steel. ‘Melkdief-lammers’ kan uitgeken word aan hul vuil voorkoppe. Sulke lammers leer baie gou om melk te steel as die ooi eet of hulle staan direk agter die ooi in haar blindekol en drink as die ooi se lam drink. Die die ooi dink dan dit is haar eie lam wat drink.

Jy kan ook probeer om die lam aan ’n ander ooi te gee wat haar eie lam verloor het. Jy kan die dooie lam se vel oor die weeslam vir so ‘n week soos ‘n jassie aantrek, sodat hy na die ooi se eie lam ruik. Leon vertel ook dat bokke makliker ’n ander lam aanvaar, maar by skape is die ooie teësinnig om ’n pleeglam te aanvaar.

Lees meer oor lammers en biesmelk.

Hy sê as geen van hierdie planne werk nie, is jou laaste opsie om die lam met die hand groot te maak. – Koos du Pisanie, AgriOrbit

Vir meer inligting, kontak Leon Kruger by 082 663 2664 of stuur ’n e-pos na krugerl3@ufs.ac.za.

Related Posts

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse...

SA goat breeds suit the Zimbabwean landscape

Estimated reading time: 7 minutes Pathisani Ncube has a wholly...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minute Johan van den Berg is...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 8 of 2025

The weekly pork carcass prices are brought to you...

The South African rabbit meat industry in the spotlight

Estimated reading time: 7 minutes Rabbit meat is not...

Bloednier: Die stille moordenaar onder kleinvee

Estimated reading time: 4 minutes Om vroeg in die...