Veeplaas Mei 2026 

Estimated reading time: 3 minutes

Die Mei-uitgawe van Veeplaas bring ’n reeks artikels saam wat fokus op die kernuitdagings en ontwikkelings wat produsente in ’n voortdurend veranderende landbou-omgewing moet bestuur. Van die toenemende risiko van veldbrande in Noordwes, tot veranderinge in die rooivleiswaardeketting ná die verlies van Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye status – hierdie uitgawe kyk na faktore wat produksie en winsgewendheid beïnvloed. Lesers kry ook historiese perspektief met die afskop van ’n spesiale reeks oor die geskiedenis van die wolbedryf as deel van die Nasionale Wolkwekersvereniging se eeufeesviering.  

Proaktiewe optrede voorkom verwoesting 

Terwyl ander provinsies in die land se somerreënvalstreek vir die komende brandseisoen voorberei, volg die Noordwes Sambreel-brandbeskermingsvereniging ’n ander benadering. Volgens Eric Stoch, voorsitter van die vereniging, word die einde van ’n brandseisoen nie meer op ’n sekere datum in Noordwes verklaar nie, aangesien veldbrande regdeur die jaar in die provinsie voorkom. 

Sleutelveranderinge in die rooivleisbedryf 

Die rooivleisbedryf het wêreldwyd oor die jare verskeie uitdagings ervaar, en op 2 Januarie 2019 het Suid-Afrika ook sy bek-en-klouseervrye status verloor. Dit het tot verskeie veranderinge in die rooivleiswaardeketting se werksaamhede gelei. Hierdie artikel in die Mei-uitgawe van Veeplaas kyk na ontwikkelinge wat binne sleutelkomponente van die waardeketting plaasgevind het, waaronder slagtendense, in- en uitvoere, asook ander produkbewegings. 

NWKV: 100 jaar van uitnemendheid (Deel 1) 

Wol is verweef met byna elke sektor van ons ekonomie. Anders as sekere minerale wat uitgeput is of nie meer ekonomies ontgin kan word nie, is die wolbedryf ’n blywende bate wat deur die eeue sy stand gehou het – en steeds sal hou. Die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar. As deel van die eeufeesviering skop die Mei-uitgawe van Veeplaas af met die eerste artikel in ’n reeks oor die geskiedenis van die wolbedryf in Suid-Afrika. 

Invloed van veedigtheid op lammers (Deel 1) 

Die stygende wêreldvraag na voedsel, tesame met ’n afname in die beskikbare grond vir veeproduksie, noodsaak veeprodusente om hul diere teen hoër digthede aan te hou ten einde aan die groeiende menslike bevolking se proteïenbehoefte te voldoen. As gevolg van ’n gebrek aan inligting oor dierewelsyn en -welstand in voerkrale, is verbruikers geneig om ongegronde menings oor intensiewe veeproduksie en die gepaardgaande welsynsimplikasies te lug. Navorsing is daarom onontbeerlik om te bepaal hoe die welsyn en produksie van lammers deur binnenshuise voerkrale beïnvloed word. 

Beskerm jou kudde teen beesbrusellose 

Beesbrusellose is ‘n komplekse siekte met ’n beduidende ekonomiese risiko, veral wat reproduksie betref. Dit is boonop een van die moeilikste siektes om te ondersoek en te beheer. Dr Danie Odendaal, direkteur van Veearts Netwerk, sê beesbrusellose is een van die vernaamste siektetendense onder melk- en vleisbeeste, sowel as skape en bokke. Die siekte benadeel nie net dieregesondheid nie, maar dit is ook soönoties en kan na mense oorgedra word.  

Kry vandag nog jou eksemplaar by jou naaste kleinhandelaar of maak seker dat jy daarop inteken. Veeplaas is as ’n interaktiewe blaaiboek by https://digimags.agriorbit.com/books/Veeplaas-Mei-2026_Digimag2/ beskikbaar en kan ook by www.magzter.com aangekoop word. Kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 om in te teken op die PDF-weergawe of hardekopie. 

Must read

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 34 of 2026

The weekly pork carcass prices are brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO).Click here for this week's report.How are these...

SA Canegrowers welcomes DBRP adjustment, but says more is needed to close import gap 

Estimated reading time: 3 minutesSA Canegrowers welcomes the decision by the government to adjust the dollar-based reference price (DBRP) for sugar imports. The upward adjustment is critical...

Omgewingsnakomingspraktyke en wetgewing: Wat produsente moet weet

Estimated reading time: 7 minutesOmgewingsnakoming raak toenemend ’n praktiese werklikheid vir produsente, veral waar landbou, mynbou en hernubare energie-ontwikkelings mekaar op dieselfde grondgebied ontmoet....

LandbouRadio: 28 Augustus 2026

In Vrydag, 28 Augustus se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:Ons skop die program af met 'n kraakvars landbounuusbulletin en weervoorspelling.⁠Dr Danie Odendaal,...

Sosiale media en die reg: Wees baie versigtig

Estimated reading time: 4 minutesOmdat die akkuraatheid of waarheid van inligting selde gekontroleer of getoets word, hou die onoordeelkundige maak of deel van sosiale...