Veeplaas Februarie 2026

Estimated reading time: 3 minutes

Die Februarie-uitgawe van Veeplaas bring weer ’n wye verskeidenheid insigte vir produsente, insluitend strategiese wenke oor die belastingjaar asook markvooruitsigte vir 2026. Hierdie uitgawe bied ’n insiggewende blik op die uniekheid van plantlewe in die Karoo en Kalahari, en die belangrike rol van ’n siekterapporteringstelsel om siektes soos Asiatiese rooiwater te bekamp.

Belasting: Vind ‘n balans

Belasting is en bly ‘n onaangename, maar nodige uitgawe in enige besigheid. Dit is altyd goed om seker te maak dat jou sake in plek is vir die indien van belastingopgawes later vanjaar, én dat jy bewus is van die moontlike voordele wat jy kan geniet om sodoende die balans tussen ‘n goeie en ‘n slegte ervaring te handhaaf.

Vleismarkverwagtinge in 2026

Verlede jaar was vir seker ’n onvoorspelbare jaar vir rooivleisprodusente met die verspreiding van bek-en-klouseer (BEK) wat groot ontwrigting in die waardeketting veroorsaak het en tot prysskommelings gelei het. Volgens gewone seisoenale tendense behoort vleispryse aan die begin van 2026 egter effens te daal.

Vleis vir nismarkte

Suid-Afrikaanse veeprodusente word waarskynlik steeds nie vergoed vir vleis wat aan die vereistes vir organiese, veldafgeronde of vrylopende produksie voldoen nie. Indien karkasse net generies as ‘n produk bemark word, realiseer ouer veldgevoerde diere gewoonlik ’n laer prys as jonger voerkraaldiere. Dit beklemtoon die noodsaaklikheid om nismarkte en toegewyde bemarkingskanale te skep.

Probleem- en reddingsplante

Die uniekheid van die verskeidenheid plantsoorte van die Karoo en Kalahari, kan toegeskryf word aan hul aanpasbaarheid wat hul voortbestaan verseker. Sommige aanpassings veroorsaak dat mense sekere plante as ‘probleemplante’ of ‘onkruid’ klassifiseer. Sou ‘n mens egter minder selfsugtig beoordeel, blyk dit dikwels dat sulke plante eintlik reageer op mensgemaakte versteurings om tot die natuur se ‘redding’ te probeer kom. Dit is waarom hulle soms treffend as ‘reddingsplante’ beskryf word.

Asiatiese rooiwater: Inenting en siekterapportering

Rooiwater is ’n ernstige siekte wat groot verwoesting onder beeskuddes in Suid-Afrika saai. Dit versprei voortdurend na nuwe gebiede en is ‘n groot oorsaak van vinnige vrektes in kuddes. Die nasionale siekterapporteringstelsel speel daarom ‘n sleutelrol. Meer as 300 veeartse landswyd meld siektes aan op dié digitale databasis, wat ’n oorsig bied van siektes wat binne ’n jaar of aantal jare in die betrokke praktykgebiede voorkom.

Moenie die Februarie 2026-uitgawe van Veeplaas misloop nie! Kry dit vandag nog by jou naaste kleinhandelaar of maak seker dat jy daarop inteken. Veeplaas is as ’n interaktiewe blaaiboek by https://digimags.agriorbit.com/books/Veeplaas-Februarie-2026-digimag/ beskikbaar en kan ook by www.magzter.com aangekoop word. Kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 om in te teken op die PDF-weergawe of hardekopie.

Must read

LandbouRadio: 7 April 2026

Estimated reading time: 1 minute In Dinsdag, 7 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Johan gesels met dr Bobbby van der Westhuizen, hoofbestuurder...

RSG Landbou: 7 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die gemmerbedryf, die Nasionale Wolkwekersvereniging se 100ste bestaansjaar en ons ontvang die nuuste wolmarkverslag. Gemmerbedryf Niks...

RSG Landbou: 6 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die 2026 LRF Veeskool, AFSTA se kongres en ons skop af met ons nuwe...

LandbouRadio: 6 April 2026

In Maandag, 6 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons skop af met onkruidkenner, prof Charlie Reinhardt, en hy gesels oor die...

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met die titel van Landbounavorsingsraad (LNR) Nasionale Vleisbeesverbeteringskudde van die Jaar...