Veeplaas April 2026

In die April-uitgawe van Veeplaas kyk ons na sleutelaspekte van beesboerdery, insluitend die waardeverskil tussen voor- en agterkwarte, veranderende verbruikersvoorkeure, die invloed van voeding op vleisgehalte, en die tekortkominge wat beesprodusente weerhou om meer winsgewend en volhoubaar te boer. Op die skaapplaas ondersoek ons hoe hittestres ramme benadeel en watter impak siektes soos bloutong op kuddegesondheid kan hê.

Praktiese en winsgewende beesboerdery

Die veebedryf is onder geweldige finansiële druk en dit noodsaak beesprodusente om strategies te dink oor hoe hulle hul boerderye meer winsgewend kan maak om langer op die plaas te bly en ekonomies te oorleef. Dit verg dikwels die neem van moeilike besluite om die ekonomiese volhoubaarheid van die boerdery te verseker. Verskeie leemtes in die meeste beesprodusente se stelsels beperk egter die winsgewendheid en volhoubaarheid van ’n boerdery. Lees meer op bl. 7 van Veeplaas se April-uitgawe.

Voor- of agterkwart: Snitwaarde, kultuur en persepsies

Wanneer ’n bees geslag word, word die karkas in vier kwarte verdeel: twee agter- en twee voorkwarte. Die meer gesogte en dus ook duurder snitte word uit die agterkwarte gehaal, terwyl die voorkwarte tradisioneel vir maal- en kookvleis (goedkoper snitte) gebruik word. Intussen wys veranderende verbruikersvoorkeure, veral in Suid-Afrikaanse townships, dat prys nie altyd die deurslaggewende faktor is nie – kultuur, tradisie en smaak speel ’n ewe groot rol. In hierdie uitgawe van Veeplaas ondersoek ons hierdie tendense.

Effek van voeding op beesvleisgehalte

Kan ’n vleisbees, wat vleisgehalte betref, geklassifiseer word volgens dit wat hy eet? Prof Phillip Strydom van die Departement Veekunde by die Universiteit Stellenbosch, meen ’n vleisbees is nie nét wat hy eet nie. In die April-uitgawe van Veeplaas verduidelik hy dat die bees die produk van ’n hele reeks faktore is, insluitend sy genetika, omgewing, rantsoen en die manier waarop hy bestuur word. Hy definieer vleisgehalte as dit wat die verbruiker in die verpakking sien, soos kleur en drupverlies wat, benewens die prys en etiket, ’n invloed op die verbruiker se verkoopsbesluit sal hê. Sagtheid, smaak en sappigheid bepaal of die koper sal terugkeer om die produk weer te koop.

Die invloed van verhoogde testikulêre temperature op ramme se spermgehalte

Volgens die globale humiditeitsindeks bestaan Suid-Afrika hoofsaaklik uit gebiede wat as droë en semi-droë sones geklassifiseer word, met sowat 80% van die landbougrond wat geskik is vir vee, soos skape wat onder ekstensiewe omstandighede presteer. Die verwagte toename in omgewingstemperatuur maak skape egter vatbaar vir potensiële hittestres. Hittestres ontstaan wanneer die liggaam se kerntemperatuur die boonste veiligheidsperk van ’n dier se termoneutrale sone oorskry. ’n Verandering in kerntemperatuur kan tot onderdrukte immuniteit en ’n afname in groei, produksie en voortplanting lei en gevolglik die algehele doeltreffendheid van veeproduksiestelsels beïnvloed. Lees meer hieroor in Veeplaas se April-uitgawe.

Bloutong by skape: Die spreekwoordelike muggie in die salf

Bloutong is ’n nie-aansteeklike virussiekte van die Orbivirus-genus en Reoviridae-familie wat herkouers soos skape, beeste, bokke en wild affekteer. Die siekte word deur muggies van die genus Culicoides oorgedra en minder as 20 van die meer as 1 000 Culicoides-spesies dien as doeltreffende vektore. Die verspreiding van bloutong hou verband met die aktiwiteit van hierdie muggies wat tydens warm, nat seisoene toeneem en tydens koue tydperke weer afneem. Morbiditeit wissel tussen 2 tot 30% en in uiterste gevalle kan dit tot 70% styg. Hoe bekamp ‘n mens hierdie gevreesde siekte? Lees meer in Veeplaas April 2026.

Kry vandag nog jou eksemplaar by jou naaste kleinhandelaar of maak seker dat jy daarop inteken. Veeplaas is as ’n interaktiewe blaaiboek by https://digimags.agriorbit.com/books/Veeplaas-April-2026_digimag/ beskikbaar en kan ook by www.magzter.com aangekoop word. Kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 om in te teken op die PDF-weergawe of hardekopie.

Must read

LandbouRadio: 7 April 2026

Estimated reading time: 1 minute In Dinsdag, 7 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Johan gesels met dr Bobbby van der Westhuizen, hoofbestuurder...

RSG Landbou: 7 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die gemmerbedryf, die Nasionale Wolkwekersvereniging se 100ste bestaansjaar en ons ontvang die nuuste wolmarkverslag. Gemmerbedryf Niks...

RSG Landbou: 6 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die 2026 LRF Veeskool, AFSTA se kongres en ons skop af met ons nuwe...

LandbouRadio: 6 April 2026

In Maandag, 6 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons skop af met onkruidkenner, prof Charlie Reinhardt, en hy gesels oor die...

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met die titel van Landbounavorsingsraad (LNR) Nasionale Vleisbeesverbeteringskudde van die Jaar...