Uitstekende wynoes verwag vir 2026

Estimated reading time: 2 minutes

Die hartjie van die Boland word tans nog goed van besproeiingswater voorsien en ‘n uitstekende wyndruifoes word vanjaar verwag. Die Wes-Kaap ervaar tans ‘n baie warm en droë somer wat die gehalte van druiwe bevorder en siektes onderdruk. Besproeiingsreserwes is egter ietwat onder druk.

Die gehoor by Vinpro se onlangse produsentedag by Goudini Spa, het hul ore behoorlik gespits toe dr Etienne Terblanche, bestuurder van Vinpro-konsultasiedienste, oor die stand van sake en verwagting vir die komende wyndruifoes gesels het. Volgens hom is die huidige verwagting dat vanjaar se oes dieprooi kleure gaan hê wat fantastiese wyne gaan oplewer.

Dr Terblanche het ook uitgewy oor die streke wat van reën afhanklik is en dus droëlandverbouing toepas. Hierdie streke word die meeste deur droë seisoene geraak, terwyl ander dele met besproeiingswater beter gebuffer is daarteen.

Kleiner oeste in sekere streke

“Ons verwag dat vanjaar se oes ietwat kleiner gaan wees aan die kusgebiede van Kaapstad, Durbanville en die Swartland wat meestal op reën staatmaak. Dit sluit die ver-oostelike gebiede in die Suid-Kaap in; daardie gebiede beleef ‘n droë somer. Dit geld ook vir die Klein Karoo en omliggende gebiede waar beperkte besproeiingsbronne beskikbaar is.”

Dr Terblanche het aan Plaas Media gesê produsente wil gewoonlik weet hoe die oeste in hul betrokke streke daar uitsien, want só kan hulle hulself teen ander produsente in hul omgewing meet. Hy het ook vertel van Vinpro se wingerdboukundige konsultante in elke streek wat adviesdienste aan produsente lewer. Hierdie konsultante bevind hulself daagliks tussen die wingerde en gee terugvoer aan dr Terblanche. Hy verwerk hierdie inligting tesame met beskikbare klimaatsvooruitskattings en so meer, om produsente dan op hoogte van sake te hou. – Carin Venter, Plaas Media

Vir meer inligting, kontak Riana Ras, Vinpro-kommunikasiebeampte, by 021 276 0481 of riana@vinpro.co.za.

Must read

Oranjerivier se watergehalte in krisis

Estimated reading time: 6 minutes Watergebruikers in die laer Vaal-Oranjeriverstelsel kry baie te doen met chemikalieë en patogene in die water waaroor hulle nie juis...

Veediefstalvoorkoming bly ‘n moeilike saak

Estimated reading time: 1 minute Louis Wessels, voorsitter van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum, gesels oor die forum se doel en ander belangrike aspekte van veediefstal. Hy verduidelik...

Nuwe rekords kenmerk 2026 SA Suiwelkampioenskappe

Estimated reading time: 4 minutes Agri-Expo verwelkom vandeesweek die voorste rolspelers in die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf by die 2026 SA Suiwelkampioenskappe by Eensgezind buite Durbanville. Vanjaar...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 12 of 2026

The weekly pork carcass prices are brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO). Click here for this week's report. How are these...

LandbouRadio: 27 Maart 2026

In Vrydag, 27 Maart se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons skop af met 'n vars landbounuusbulletin. ⁠Carin Venter van Plaas Media het tydens...