Suksesvolste Hooidag nóg ten spyte van onweer

Estimated reading time: 3 minutes

Wind en dreigende reën kon nie die sukses van die Balfour-boerevereniging se 11de Hooidag op Donderdag 18 Januarie by P Kriek en Seuns se familieplaas, Palmietfontein, in Mpumalanga demp nie.

Gert Kriek, die hooidagkomitee se voorsitter, sê Hooidag het meer as 1 200 mense gelok – werkerspanne uitgesluit. Die dag het ook 12 meganisasiemaatskappye se demonstrasies en 55 ondernemings se uitstallings ingesluit.

  • AFGRI is sedert die eerste Balfour Hooidag die hoofborg van dié geleentheid en het weereens skouers geskuur met produsente.
    AFGRI is sedert die eerste Balfour-hooidag die hoofborg van dié geleentheid en het weereens skouers met produsente geskuur.

Jacob de Villiers, AFGRI se bedryfshoof, het gesê AFGRI is sedert Hooidag se stigting betrokke omdat dié dag ‘n unieke geleentheid bied om op gespesialiseerde toerusting te fokus. “Dis natuurlik ook lekker om skouers met ons produsente-kliënte te skuur wat ons nie elke dag te siene kry nie en uit te vind hoe ons húlle behoeftes selfs beter kan aanspreek.”

Wind en weer

Vanjaar se weersomstandighede was ’n eerste vir Hooidag omdat dit bewolk was en die wind deurgaans gewaai het. “In die 11 jaar wat ons die geleentheid aanbied het dit nog nooit gereën nie. Inteendeel, hier op die Hoëveld is ons gewoond aan droë omstandighede in die middel van die somer en Hooidag is gewoonlik ’n baie warm en windstil dag.

Die vorige dag het dit gereën en die omliggende plase het almal tussen 10 en 20mm reën gekry. “Ons is bly dit het gereën, want dit is op die oomblik droog by ons en die plase het dit nodig,” het Kriek gesê.

  • Jackie en Jannie Jacobs, wat op ’n kleinhoewe boer, het die dag bygewoon.
    Jackie en Jannie Jacobs, wat op ’n kleinhoewe in Sundra boer, het die dag bygewoon.

Reën is egter nie ideaal wanneer hooi gebaal moet word nie, omdat die gras vrot word as dit in nat omstandighede gesny word, sê Kriek. “Die gras het tyd nodig om droog te word. Hier in ons wêreld is die son van so aard dat as jy vanoggend die hooi gesny het, jy dit môremiddag kan baal.” Só kry produsente goeie gehalte hooi wat óf as winterweiding vir diere gevoer kan word óf in voerkrale gebruik kan word.

Ongelukkig was van die hooidag se gras ’n bietjie nat. Volgens Kriek het kenners gou ingespring om te kyk of hulle die gras kon behandel en droog kry om verliese te beperk. “Ons gaan maar hier en daar vrot bale hê, maar dis ’n goeie dag en ek glo dinge sal vir ons goed uitwerk.”

Leer hier oor korrekte hooiberging.

Verlies van ‘n groot gees

Piet Kriek, Gert se pa en medestigter van Hooidag, is kort voor die geleentheid aan kanker oorlede. “My pa is verlede Donderdagoggend oorlede en ek moes daardie oggend begin om die perseel vir Hooidag voor te berei. Dis vir ons swaar sonder hom, want hy was altyd saam tydens Hooidag. Ons mis hom vandag. Ons mis sy harde stem en ons as Kriek-familie koester die tyd wat ons nog met mekaar het.”

Ondersteun plattelandse herlewing

Hoewel daar nog nie sekerheid is hoeveel fondse die boerevereniging deur dié geleentheid kon insamel nie, is daar reeds sprake dat dit die meeste nog is. Kriek sê dié fondse sal deur die loop van die jaar vir Balfour-boerevereniging se liefdadigheidsprojekte in die plaaslike omgewing aangewend word.

Balfour-boerevereniging en AFGRI is so te sê familie, omdat die partye mekaar in lief en leed ondersteun. “Daar word baie gepraat oor die herlewing van die platteland, maar hier kan mens sien hoe Balfour-boerevereniging dit dóén,” sê De Villiers. Hy voeg by dat die publiek dankbaar moet wees vir boereverenigings wat nog betrokke is.

“Die Balfour-produsente is nie net vir ons belangrik omdat ons hier besigheid doen nie. Daar is AFGRI-personeel wat ook in dié omgewing en ander plattelandse areas woon. Dit is vir ons belangrik dat die omgewing floreer ter wille van die personeel en hulle kinders.” – Susan Marais, Plaas Media

Must read

Agbiz sheds light on EU citrus disputes

Van boeredae tot kuilvoerkompetisies – Plaas TV dek dit alles

Estimated reading time: 2 minutes Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes: Wolfe Braude of Agbiz gives us background on the European...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 35 of 2024

The weekly pork carcass prices are brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO). Click here for this week's report. How are these prices calculated?https://drive.google.com/file/d/1Dkq1o6hyVk_XbciPOvsJUaFjhnuparoH/view?usp=sharing The Red Meat Abattoir Association (RMAA) gathers pricing data...

Prickly pears as a grazing crop

Estimated reading time: 8 minutes The first prickly pears arrived in South Africa shortly after Jan van Riebeeck’s tenure in the Cape, but it was not until the 1960s that this cactus was recognised for...
red meat tomahawk steak

RMAA Price Information System report for week 35 2024

Estimated reading time: 2 minutes The Red Meat Abattoirs Association (RMAA) is an independent membership-based organisation, which was established in February 1991 with its primary aim being providing specialised training and technical support. The data provided...

RPO bespreek uitvoere, predasiebestuur en veranderende wetgewing

Estimated reading time: 7 minutes Terwyl oorgrenshandel en die vervoer van lewende hawe en dierlike produkte op verskeie vlakke problematies bly, beleef die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) Nasionaal se uitvoerende raad heelwat positiewe momentum met betrekking tot...