Skryf nou in vir die 2026 Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskap

Share This Post

Estimated reading time: 3 minutes

Inskrywings vir die 2026 Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskap het geopen, met Agri-Expo wat suiwelvervaardigers van reg oor die land nooi om in te skryf vir die 193ste aanbieding van Afrika se oudste en grootste suiwelkompetisie.

’n Onafhanklike paneel van kundiges beoordeel die Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe oor drie dae. Hier is beoordelaar, Mariesa Vorster, tydens 2025 se beoordeling. (Foto: Agri-Expo)

Die kampioenskap lok jaarliks sowat 1 000 inskrywings van groot, medium en klein vervaardigers oor meer as 100 klasse. Produkte word beoordeel deur ’n onafhanklike paneel kundiges, met elke klaswenner wat as ‘n SA-kampioen bekroon word. Slegs produkte van uitsonderlike gehalte kwalifiseer vir die gesogte Qualité-merk van uitnemendheid, terwyl die produk met die hoogste algehele punt as produk van die jaar aangewys word.

Nuwe hoogtes vir suiwel

Die omvang en aansien van die kompetisie is verlede jaar onderstreep toe ’n rekordgetal 1 110 suiwelprodukte van 77 vervaardigers beoordeel is. ’n Paneel van 103 beoordelaars van 47 maatskappye het die inskrywings oor drie dae geëvalueer, met 114 SA-kampioene en 30 Qualité-bekroonde produkte wat uiteindelik aangewys is.

Volgens Breyton Milford, hoofbestuurder van Agri-Expo, bly die kampioenskap ’n belangrike maatstaf vir uitnemendheid in die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf. “Die volgehoue groei in inskrywings bevestig die waarde wat vervaardigers heg aan onafhanklike en geloofwaardige beoordeling,” sê Milford. “Kwaliteit suiwelprodukte verdien erkenning en sigbaarheid by verbruikers – en dit is presies die rol wat hierdie kompetisie vervul.”

Die Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskap lok elke jaar sowat 1 000 inskrywings van vervaardigers van regoor die land. (Foto: Agri-Expo)

Belangrike datums in 2026

  • Inskrywings open: Woensdag, 28 Januarie.
  • Inskrywings sluit: Maandag 23 Februarie.
  • Aflewering van suiwelprodukte: 23 tot 24 Maart (Eensgezind, Durbanville).
  • Beoordeling: 25 tot 27 Maart (Eensgezind, Durbanville).
  • SA-suiweltoekenningseremonie: Donderdag, 23 April (Nederburg, Paarl).
Agri-Expo nooi suiwelvervaardigers om in te skryf vir die 2026 Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskap. Produkte word beoordeel deur ’n onafhanklike paneel kundiges. (Foto: Agri-Expo)

Skryf in

Vervaardigers kan aanlyn inskryf by www.sadairychamps.co.za. Die 2026 Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskap word moontlik gemaak met die ondersteuning van platinumvennote, IMCD en dsm-firmenich, asook ander borge. Vir meer inligting, skakel 021 863 1599 of 083 440 1628, of stuur ’n e-pos aan dairy@agriexpo.co.zaAgri-Expo-persverklaring

Related Posts

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minute Johan van den Berg is...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 12 of 2026

The weekly pork carcass prices are brought to you...

SA goat breeds suit the Zimbabwean landscape

Estimated reading time: 7 minutes Pathisani Ncube has a wholly...

The South African rabbit meat industry in the spotlight

Estimated reading time: 7 minutes Rabbit meat is not as...

Bloednier: Die stille moordenaar onder kleinvee

Estimated reading time: 4 minutes Om vroeg in die oggend...