Samic-karkaskompetisie 2024: Wenkarkas raak-raak aan 100%

Estimated reading time: 3 minutes

Die beste vleiskarkasse in die land het weer erkenning geniet tydens die Suid-Afrikaanse Vleisbedryfsmaatskappy (Samic) se 27ste nasionale karkaskompetisie wat in Pretoria aangebied is. Altesaam 62 presteerders het toekennings ontvang. Die doel van dié kompetisie is om produsente te wys hoe om karkasse volgens markspesifikasies en verbruikersbehoeftes te produseer.

Lees meer oor Samic se nuwe direkteur hier.

’n Dorperboer van Carnavon, Bertus Steenkamp, was die ster van die aand met ‘n uitstekende 99,50% wat hy vir sy Dorperkarkas behaal het. Hy was die wenner in die enkel- en groep-kategorieë vir kommersiële lammers, net-net voor Willem Vosloo van Delareyville wat 99,49% behaal het.

Beste varkkarkasse

Die Envarto-varkkarkaskompetisie het ook vanjaar in samewerking met Samic en verskeie borge vir die eerste keer plaasgevind.

Dié kompetisie is ’n baken van uitnemendheid in die Suid-Afrikaanse varkvleisbedryf. Deur die produksie van vleis van hoë gehalte wat volgens markvereistes aangepas is, te bevorder, dien die kompetisie as ’n platform om die bedryf se beste varkkarkasse ten toon te stel en terselfdertyd waardevolle kennis oor te dra. Die kompetisie demonstreer die huidige vleisklassifikasiestelsel en die voordele daarvan vir produsente. Dit beklemtoon ook die teenwoordigheid van gewenste karkaseienskappe op lewende diere.

Die borge van die Envarto-varkkarkaskompetisie was Envarto, Bonnievale Abattoir, Nutrochem, PIC, SAPPO, Danbred, GMP Laboratories, Nutroteq, Samic en Topigs Norsvin.

Lees meer oor die Samic-slaglamkompetisie hier.

Die wenners in die Envarto-varkarkaskompetisie-kategorieë was:

Opkomende boere:

Kommersieel:

  • Worsvarke (20-55kg): Lamontanara: 80,49%.
  • Vleisvarke (56-65kg): SKF-boerdery: 82,74%.
  • Ligte spekvarke (66-80kg): Tonbridge Stud: 91%.
  • Swaar spekvarke (81-110kg): Bergendal Vee: 99,3%.

Nasionale pryswenners in die Samic-karkaskompetisie:

  • Bees opkomend skouwenner: Obaro Brits: D Mohosh (59,98%).
  • Bees opkomend enkel-wenner: Moyeshe Agric: Boran-kruis (89,15%).
  • Bees opkomend groepwenner: J Maluleka: Bonsmara-kruis (80,97%).
  • Bees kommersieel skouwenner: Desert Beef-karkaskompetisie: G Human (88,10%).
  • Bees kommersieel enkelwenner: Petrus Goussard: Bonsmara (97,79%).
  • Bees kommersieel groepwenner: T Engelbrecht: Droughtmaster (94,03%).
  • Opkomend superos: M Mabelane: Limbra (85,41%).
  • Kommersieel superos: Karsten,veeplase Kleinpompie: Angus (90,31%).
  • Bok kommersieel skouwenner: Jakkalskop-vetveeskou: T Maritz (46,78%).
  • Lam opkomend enkelwenner: J van Wyk: Dorper (91,17%).
  • Lam opkomend groepwenner: E Willemse: Dorper (83,33%).
  • Lam kommersieel skouwenner: Stella-slaglamkompetisie: A van Heerden (84,46%).
  • Lam kommersieel enkelwenner: Bertus Steenkamp: Dorper (99,50%).
  • Lam kommersieel groepwenner: Bertus Steenkamp: Dorper (97,70%).
  • Vark opkomend skouwenner: Envarto/M-Power Show: L van der Walt (57,01%).
  • Vark opkomend enkelwenner: MP Mocwiri (90,11%).
  • Vark opkomend groepwenner: M Nkosi (85,83%).
  • Vark kommersieel skouwenner: Royal-skou: Terry Strachan (76,42%).
  • Vark kommersieel enkelwenner: Bergendal-vee (99,30%).
  • Vark kommersieel groepwenner: Bergendal-vee (93,46%).

Om alles wat jy daagliks doen met uitnemendheid te doen, is Leon Roets van Bergendal-vee, wenner in die kommersiële en groep-kategorieë vir varke, se suksesresep. Hy meen uitstekende spanwerk verseker dat hulle altyd ’n stappie voor is. Nadat hy sy pryse ontvang het, het Roets die waarde van ’n kompetisie soos hierdie uitgelig: “In ’n mark wat moeilik is, is dit goeie motivering om aan te hou. Uiteindelik wil ons ’n gehalteproduk vir die verbruiker gee, en dit bevestig dat die produk wat ons vir die verbruiker gee, wel van uitstaande gehalte is. Dis lekker om daardie terugvoer te kry.” – Elmarie Smit, Plaas Media

Vir meer inligting, kontak Orpa Thirion by epos info@samic.co.za.

Topskaapboer floreer met ’n simplistiese lae-inset benadering

Estimated reading time: 7 minutes Wikus Bekker, ’n Dohne-Merino-boer van die plaas Geluksdam by Edenburg...

Die Sybokhaarbemagtigingstrust: Ekonomiese vordering deur inklusiwiteit en diversiteit

Estimated reading time: 5 minutes Die Sybokhaarbemagtigingstrust funksioneer onder die sambreel van Sybokhaar Suid-Afrika en...

Cover crop mixes: Composition and species for summer

Estimated reading time: 7 minutes Soil health is a key objective when designing a cover...

Prickly pears as a grazing crop

Estimated reading time: 8 minutes The first prickly pears arrived in South Africa shortly after...