Die welsyn van melkkalwers is gereeld in die kollig, maar wat is die redes hiervoor en hoe spreek die bedryf hierdie persepsies aan? Dr Mark Chimes van Melk SA, beantwoord hierdie vrae.
CASE IH reis tans landswyd om boere bekend te stel aan hul hoogs gesofistikeerde spuittegnoglogie wat ‘n produsent heelwat kostes kan spaar. André Olwagen vertel ons meer.
Ons gesels oor ‘n Bonsmara-veiling wat ook bekend staan as die Vaal Meander Bonsmara-groepveiling. Die veiling vind op 5 September plaas en Mark Mclntyre vertel ons meer.
Dan kan jy ook uitsien na ons weeklikse landbou-weernuus met Johan van den Berg en nuus oor vleispryse met Chris Derksen.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Brahman Beestelersgenootskap.
Daar is een vleisbeesras in Suider-Afrika wat die samestelling van kommersiële kuddes verander het weens sy veelsydige prestasie. Kosmeties of geneties is die ras in die kommersialisering van die veebedryf ‘n opsie waarmee rekening gehou moet word. Die bydrae wat tot die stoet- en kommersiële bedryf gemaak is, kan as merkwaardig beskryf word.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.