Samic se slaglamkompetisie: ’n Fees van gehalte en uitnemendheid

Estimated reading time: 7 minutes

Van die land se top skaapprodusente is vanjaar by die Suid-Afrikaanse Vleisbedryfmaatskappy (Samic) se Nasionale Slaglamkompetisie vir hul harde werk vereer. Vanjaar se karkasse was van ‘n besondere hoë standaard en beoordelaars moes behoorlik kopkrap om die landswye wenners aan te wys.

Die skaapprodusente van Williston het vanjaar behoorlik skoonskip gemaak. Uit die 24 pryse wat uitgedeel is, het 18 na produsente in dié distrik gegaan. Verlede jaar het produsente uit die Williston-omgewing dieselfde hoeveelheid pryse verower.

Samic het ook, soos verlede jaar, besluit om die pryswenners in hul eie omgewing te vereer en daarom is die jaarlikse prysuitdeling vir hierdie kategorie van die kompetisie, dan ook in Williston aangebied.

Lees meer oor die 2022 Williston-slaglamkompetisie hier.

Tydens die geleentheid is eretoekennings aan Coetzee Reitz en Danie Franken vir hul bydraes tot die volhoubaarheid van die kompetisie in die Noord-Kaap oorhandig.

Die prysuitdeling is deur Dirk Zandberg van Samic aangebied en die pryse is deur Patrick Neels, koördineerder van Samic se Noord-Kaapse streek, oorhandig.

Wenners in die slaglamkompetisie

Julihan van Wyk (regs) het met die meeste pryse in die bokafdeling weggestap. Hier ontvang hy sy prys van Patrick Neels, koördineerder van Samic se Noord-Kaap streek.
Julihan van Wyk (regs) het met die meeste pryse in die bokafdeling weggestap. Patrick Neels, koördineerder van Samic se Noord-Kaapse streek, het sy prys aan hom oorhandig.

In die bokafdeling vir opkomende produsente vir 2022/23 het Julihan van Wyk van Williston met die meeste pryse weggestap. In die enkelkarkaskategorie het hy die eerste plek met ’n persentasie van 92,93% en die tweede plek met 89,74% ingepalm. In die groepkarkas-afdeling het hy ook die eerste plek met 88,30% losgeslaan. Hierdie karkasse is tydens die Williston-skou vertoon. Nog ’n wenner in die bokafdeling was Sakkie Sass, wat die tweede plek in die groepkarkaskategorie met ’n goeie 84,68% ingepalm het.

Frans Louw (regs) het die beste enkelkarkas vertoon. Hier ontvang hy sy prys van Patrick Neels, koördineerder van Samic se Noord-Kaap streek.
Frans Louw (regs) het die beste enkelkarkas vertoon. Patrick Neels, koördineerder van Samic se Noord-Kaapse streek, het sy prys aan hom oorhandig..

In die bokafdeling vir kommersiële produsente het Frans Louw die beste enkelkarkas met ’n uitstekende 95,54% vertoon.

Gretha van der Colff (regs) het die tweede plek in die landswye kompetisie se bokafdeling ingepalm. Sy het haar prys van Patrick Neels, koördineerder van Samic se Noord-Kaap streek, ontvang.

Gretha van der Colff van Williston het aan Samic se bokafdeling vir kommersiële telers deelgeneem en het in die landswye kompetisie die tweede plek met 94,24% ingepalm. Sy het die beste groepkarkasse met ’n persentasie van 92,65% vertoon.

Karel Jonkers (regs) het ‘n prys vir die beste lamkarkas ontvang. Patrick Neels, koördineerder van Samic se Noord-Kaapse streek, het sy prys aan hom oorhandig..

Williston-skou doen baie moeite om opkomende produsente te betrek en met die slaglamkompetisie is vir hulle ’n afsonderlike kompetisie aangebied waar hulle teen mekaar kon meeding. Hierdie produsente het ook op nasionale vlak aan die Samic-kompetisie meegeding en tydens die prysuitdeling op Williston, het Karel Jonkers die prys vir die beste lamkarkas (opkomend), met ’n persentasie van 95,92%, ontvang.

Johnnie Coetzee (regs) die tweede plek in die enkellamkarkaskategorie vir opkomende produsente verower. Patrick Neels, koördineerder van Samic se Noord-Kaapse streek, het sy prys aan hom oorhandig..

Johnnie Coetzee het die tweede plek in die enkellamkarkaskategorie vir opkomende produsente by die slaglamkompetisie met ’n persentasie van 94,57% behaal. Coetzee het ook die eerste plek behaal vir sy lamkarkasgroep met ’n totaal van 91,38%.

Grieta Vlok (regs) het die tweede beste lamkarkasgroep vertoon in die nasionale kompetisie vir opkomende produsente. Patrick Neels, koördineerder van Samic se Noord-Kaapse streek, het haar prys aan haar oorhandig.

Nog ’n presteerder onder die opkomende produsente was Grieta Vlok van Williston wat in die nasionale kompetisie die tweede beste lamkarkasgroep met ’n persentasie van 90,47% vertoon het. 

Bertus Steenkamp het die beste enkellamkarkas vertoon.

Bertus Steenkamp se enkellamkarkas het die eerste plek verower met 99,48%.

Coetzee Reitz het die tweede beste enkellam in die nasionale slaglamkompetisie vertoon. Hy het ook ‘n eretoekenning ontvang. Patrick Neels, koördineerder van Samic se Noord-Kaapse streek, het sy prys aan hom oorhandig.

Coetzee Reitz het vanjaar die tweede beste enkellam in die nasionale slaglamkompetisie vertoon. Hy was met minder as 0,5% kort op Bertus Steenkamp se hakke. Sy lam het ’n baie goeie 99,14% behaal.

Reitz is vir baie jare al betrokke by die opheffing van opkomende produsente en moedig hulle elke jaar aan om aan die Samic Slaglamkompetisie deel te neem met die doel om die gehalte van hul kuddes te toets en verbeter.

Hy is bekend vir die moeite wat hy doen om kommersiële produsente by te staan en hulle te help om hulle skaapboerderye te verbeter. Volgens die kompetisie-organiseerders is hy een van die mense wat in die stilligheid baie meer doen as waarvoor hy erkenning ontvang.

Dirk Zandberg van Samic het vanjaar moeite gedoen om aan hom ’n spesiale eretoekenning tydens die prysuitdeling te oorhandig. Hy sê die werk wat Coetzee doen om die  gehalte van skaapboerdery in ’n groot deel van die Noord-Kaap te bevorder, verdien applous.

Takkies Reitz (regs) het die beste lamkarkasgroep vertoon. Patrick Neels, koördineerder van Samic se Noord-Kaapse streek, het sy prys aan hom oorhandig.

Takkies Reitz van Williston het vanjaar uitstekend gevaar in die slaglamkompetisie. Hy het die beste lamkarkasgroep met ’n persentasie van 97,52% vertoon.

Danie Franken (regs) het tydens die prysuitdeling ‘n eretoekenning ontvang. Patrick Neels, koördineerder van Samic se Noord-Kaapse streek, het sy prys aan hom oorhandig.

Danie Franken was vir jare by die Carnarvon abattoir betrokke en is tans by die abattoir op Williston betrokke. Hy is ook een van die rolspelers in die rooivleisbedryf wat ’n groot bydrae lewer tot die sukses van die Samic Slaglamkompetisie. Samic het vanjaar aan hom ’n eretoekenning oorhandig vir sy bydrae om die kompetisie te laat vlot én om die skaapbedryf in die Noord-Kaap ’n hupstoot te gee. – Koos du Pisanie, Plaas Media

Must read

BKB Merino Ope vertoon die room van SA Merino’s

Estimated reading time: 2 minutes Die BKB Merino Ope wat deur Nampo Kaap op Bredasdorp aangebied is, het 13 Merino-telers gelok wat met uitstekende diere teen mekaar meegeding het. Die teler wat die meeste...

Katoen-verwysingsprys: Week van 25 tot 29 September 2023

Die Suid-Afrikaanse Katoenprodusente-organisasie (SAKPO), met die ondersteuning van Katoen SA, het ’n platform geskep om elke week ’n gemiddelde verwysingsprys vir katoenvesel deur te gee. Hierdie is slegs ’n afgeleide prys wat bereken word op...

EDE Farming 2023 Boeredag: Bulkrag, die sleutel tot sukses

Estimated reading time: 3 minutes Op 30 Augustus vanjaar het EDE Frieslands, ’n vertakking van Ede Farming, hulle jaarlikse boeredag aangebied onder die tema ‘Bulkrag, die sleutel tot sukses’. Michiel Heyns, ’n Jersey-boer vanuit die...
Fluctuations in fertiliser prices impact on food inflation.

Inclusive regional value chains can create opportunities

The 17th Annual Competition Law, Economics, and Policy Conference hosted by the Competition Commission in conjunction with the Competition Tribunal recently brought together role-players in Johannesburg to share insights on the current state of...

RSG Landbou: 3 Oktober 2023 – geborg deur Plaas Media

‘n Angoraprodusent van die Willowmore-omgewing, Fred Colborne, het vroeër vanjaar ‘n wêreldrekordprys vir ‘n baal kleinbokkiehaar behaal. Ons gesels met hom in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou en hoor wat sy ondersteuners van...