Estimated reading time: 6 minutes
Die Sandveld Aartappelkwekersorganisasie (Sako) se algemene jaarvergadering is onlangs by die Riviera Hotel in Velddrif gehou. Die lewering van aartappels op varsproduktemarkte, die bestuur van ondergrondse water in die Sandveld en aartappelsiektes is van die sake wat bespreek is.
Na afloop van die jaarvergadering is Monique Vlok tot voorsitter van Sako verkies. Die uittredende voorsitter, Jannie Basson van Zandrug Boerdery in Clanwilliam, het drie jaar as voorsitter gedien en het homself nie weer beskikbaar gestel nie. Basson bly wel aan as die voorsitter van Aartappels SA se nasionale bemarkingskomitee.
Vlok boer saam met haar pa, Frans, op die plaas Valskuil naby Piketberg. Sy het in ân rekenkundige rigting gestudeer, maar het as kind en student heelwat blootstelling aan boerdery gehad. âMy liefde vir die grond en om iets te verbou wat gebruikswaarde het, was die dryfveer agter my besluit om voltyds by die boerdery betrokke te raak, ongeag die talle struikelblokke en uitdagings wat boerdery in die gesig staar,â het Vlok aan Plaas Media gesĂȘ.
Leer meer oor die Aartappelsertifiseringsdiens hier.
Eenheid en samewerking nodig
Vlok was eers by die Sandveld- en Weskus-bewaringskomitees betrokke. Sako word op beide van die komitees verteenwoordig en dit is hoe sy by Sako betrokke geraak het. âDie hulpbronuitdagings in die Sandveld (beide water en grond) het my afdeling binne Sako geraak en aangesien dit alle produsente beĂŻnvloed, het dit net al belangriker binne Sako geraak,â het Vlok gesĂȘ.
âEk is leergierig en geniet dit om my met mense te omring by wie ek iets kan leer. As voorsitter van Sako sal ek graag die spreekbuis vir alle Sandveld-produsente wil wees. Die Sandveld is nie ân baie groot area nie en daar is nie meer baie aktiewe aartappelprodusente nie. Dit sal vir my lekker wees om eenheid en samewerking onder produsente te sien sodat ons saam ons delikate area kan beskerm en volhoubaar kan boer vir die geslagte na onsâ, het Vlok gesĂȘ.
Sandveld se beeld belangrik
Basson, die uittredende voorsitter van Sako, het in sy voorsittersverslag ân beroep op aartappelboere in die Sandveld gedoen om vir hul eie beswil en ook die beeld van die Sandveld, te let op die wetlike voorgeskrewe merkvereistes op aartappelsakkies. Daar was die afgelope jaar al hoe meer besendings aartappels uit die Sandveld wat nie aan die wettige merkvereistes en gehalte voldoen het nie. âDie probleem moet betyds aandag kry voordat dit die beeld van die streek skaad,â het Basson gesĂȘ.
Ettienne Booyens, hoof uitvoerende beampte van Prokon, het gesĂȘ aartappelprodusente in die Sandveld moet die streek as ân prima aartappelverbouingsgebied vestig. Die Sandveld en Limpopo is die enigste streke waar daar primĂȘre aartappelprodusente is.
âAs julle die streek as ân primagebied vestig, is dit belangrik dat julle geloofwaardig optree. Gehalte produkte moet bemark word en die regte gehalte produkte moet soos die etiket aandui, in die verpakkings wees,â het Booyens gesĂȘ.
Dr Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van Landbou, het daarop gewys dat Suid-Afrika se aartappeluitvoere met 34% gegroei het van R324 miljoen in 2014 na R434 miljoen in 2023. Oor dieselfde tydperk het die Wes-Kaap se aartappeluitvoere egter met 46% gedaal van R126 miljoen na R67 miljoen. Die Wes-Kaap se aandeel in die totale aartappeluitvoere het van 39% in 2014 tot 16% in 2023 gedaal.
âMy doelwit is om uitvoere van landbouprodukte noemenswaardig te laat toeneem, so ons moet hierdie tendens in die Wes-Kaapse aartappelbedryf omkeer,â het dr Meyer gesĂȘ.
Dink nuut oor waterbron
Basson het ook gesĂȘ die Sandveld se waterbron bly onder druk. Die streek is van ondergrondse water afhanklik en die droogtesiklus voor 2023 se bogemiddelde reĂ«nval het watervlakke en watergehalte negatief geraak. Verlede jaar se goeie reĂ«nval het wel ân positiewe uitwerking op watervlakke gehad.
Volgens hom het die watervlakke van rustende en gepompte boorgate onderskeidelik met 2,8m en 4,5m gestyg, wat te wagte was na die hoë reëns. Die water se pH het bietjie gedaal van 5,7 na 5,3 en die nitrate van 6,4 na 5,2. Die elektriese geleidingsvermoë (EC) van die water het egter gestyg van 1,1 na 1,2.
âNa die goeie reĂ«n in 2023 het ons beter resultate verwag. Die situasie is kommerwekkend en ons sal beslis na ons waterverbruik in die Sandveld moet kyk om volhoubaar te boer,â het Basson aangedui.
Markte bly relevant
Geo van Zyl, bestuurder van die RSA Groep in Kaapstad, het die relevansie van varsproduktemarkte in die verhandeling van grootmaat-aartappels verduidelik. Hy het gesĂȘ daar is van 2019 tot 2023 altesame R14,6 miljard se aartappels (3,114 miljard kg) op die vier grootste varsproduktemarkte in Suid-Afrika (Johannesburg, Tshwane, Durban en Kaapstad) verkoop. Johannesburg se mark is verantwoordelik vir byna 50% van die totale verkope.
âDie varsproduktemarkte is betroubaar, maklik bereikbaar met onbeperkte toegang, alle transaksies op markte is deursigtig, die markte bied waarde vir geld, het ân realistiese prysformulerinsproses en daar is vinnige reaksie op prysbepalende faktore. Daarby is ân produsent se geld gewaarborg,â het Van Zyl uitgewys.
Hoër produksie moontlik
Willie Jacobs, hoof uitvoerende beampte van Aartappels SA, het gesĂȘ aartappelproduksie in Suid-Afrika kan net verhoog word as produsente doeltreffender op die beskikbare grond boer. Produsente moet opbrengs per hektaar verhoog, beter gehalte produseer en so die winsgewendheid van aartappelverbouing verbeter.
âOns moet grondbiologie en grondsiektes beter verstaan en bestuur, die gebruik van chemiese middels verminder en chemie saam met biologiese beheer gebruik om peste en plae te beheer.â
As produsente die insetkant en grondbiologie beter bestuur en die draaityd (siklus) van aartappels op dieselfde land verkort, kan hulle op dieselfde hektare nog ân substansiĂ«le verbetering in produksie kry.
Jacobs het gewaarsku dat pepper ringspot-virus ân groot probleem in Suid-Afrika kan word as dit nie reg bestuur word nie. Die virus kan voorkom word deur gesertifiseerde saad te plant, goeie onkruidbestuur en wisselbou toe te pas, verskillende kultivars van verskillende bronne te plant en vir die teenwoordigheid van stompwortel-aalwurm te toets.
âDit is ook belangrik om ân goeie verhouding met jou saadverskaffers op te bou,â het Jacobs gesĂȘ. â Hugo Lochner, Plaas Media