RSG Landbou: 9 September 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor Old Mutual Insure se stalletjie by Nampo Kaap, die toekoms van die Suid-Afrikaanse wynbedryf en terugvoer oor TLU SA se onlangse kongres.

Old Mutual Insure by Nampo Kaap

Boerdery is nie ‘n gewone besigheid nie; dis ‘n gespesialiseerde bedryf en soos ‘n boerdery groei en verander, behoort jou versekering ook daarby aan te pas. Old Mutual Insure is vanjaar by Nampo Kaap en Lieza Barnard nooi jou uit om by hulle stalletjie aan te klop om met hulle hieroor te gesels.

Toekoms van die Suid-Afrikaanse wynbedryf

Wanneer ons oor die toekoms van die Suid-Afrikaanse wynbedryf praat, draai die gesprek dikwels om klimaatsverandering, tegnologie, nuwe markte en veranderende verbruikersgedrag. Nie een van hierdie veranderinge vind egter sonder mense plaas nie. SA Wine vertel wat hulle doen om mense en hul vaardighede te ontwikkel.

TLU SA kongres

Ons gesels ook met Bennie van Zyl van TLU SA oor hulle onlangse kongres.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

Wool market: All eyes on Nanjing

Estimated reading time: 3 minutesThe South African All-Merino Indicator closed unchanged at R266,20/kg clean with the certified indicator edging up by 0,2% to close...

Dis nou of nooit: OVK hou suksesvolle Boer vir die Toekoms-boeredag

Estimated reading time: 4 minutesBesoekers aan die OVK Boer vir die Toekoms-boeredag op 4 September by die Bloemskougronde, het die koue dag op gepaste...

Bloubosluise: Voorkoms, siekterisiko’s en voorkoming

Estimated reading time: 5 minutesBloubosluise is een van die grootste parasietuitdagings wat Suid-Afrikaanse beesprodusente moet bestuur. Buiten die skade wat hierdie bosluise aanrig, is...

LandbouRadio: 9 September 2026

In Woensdag, 9 September se LandbouRadio, met trots aan jou gebring deur BKB, kan jy uitsien na die volgende:Leon die skaapherder is eerste aan...

SAPPO Retail Price Statistics: August 2026

The monthly SAPPO Retail Price Statistics Report provides detailed statistics and trends on the retail prices of various meat products, including pork, chicken, beef, and lamb.Monthly Price...