HomePodcastsRSG Landbou: 9 September 2024 - geborg deur BKB

RSG Landbou: 9 September 2024 – geborg deur BKB

Die provinsiale regering in die Noord-Kaap het in 2019 ‘n ontwikkelingsplan bekendgestel. Agri Noord-Kaap is tans by 23 projekte betrokke en Dirk Krapohl het by hul onlangse kongres op Kimberley met ons hieroor gesels.

Tydens dieselfde geleentheid was Janse Rabie van Agri SA een van die sprekers en ons hoor wat hy oor waterkwessies te sê gehad het.

Dan bied AG Gene Bonsmara van die Vrede-omgewing op 12 September hul volgende produksieveiling aan en Arthur de Villiers gesels oor die aanbod.

#RSGLandbou word dié week met trots deur BKB aan jou gebring.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Voorbereiding vir ’n dissiplinêre verhoor

Estimated reading time: 4 minutes Werkgewers moet seker maak wat van hulle verwag word voor en gedurende ’n dissiplinêre verhoor. Dit is belangrik dat die werkgewer...