Thursday, October 17, 2024

RSG Landbou: 9 Oktober 2024 – geborg deur BKB

Graanberging brei uit in die Overberg-area. Dié goeie nuus is met ons tydens Nampo Kaap gedeel en ons hoor wat André du Toit en Christie Engelbrecht van BKB hieroor te sê gehad het.

Vanjaar se Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur, Charl Saunderson, van die Kenhardt-omgewing, bied eersdaags ‘n boeredag op sy plaas aan en hy brei uit oor die dag se program.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories