In vanoggend se RSG Landbou het Lise Roberts gesprekke gevoer met onder andere Advanta Saad en die SA Sybokhaarkwekersvereniging.
Voersorgum, produksimbole
Voersorgum en die verskillende variëteite wat goed as kuilvoer presteer, kom onder bespreking. Gert Els van Advanta Saad vertel ons meer.
Textile Exhange poog om teen 2027 wêreldwyd een simbool op produkte aan te bring wat bewys lewer van verantwoordelike produksiestandaarde. Dit het ter sprake gekom by die onlangse kongres van die SA Sybokhaarkwekersvereniging.
Peter Cloeté van Agri Oos-Kaap het ook tydens dié kongres met ons gesels oor landbou in die provinsie.
Brangus-veiling
Verder vertel Jimmy Roberts ons meer van die Prime Brangus-veiling in die Hertzogville-omgewing op 17 Julie.
RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.