In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor haarwurm en ons gesels met Rensgrow Beefmaster oor hulle boerdery.
Haarwurm
Het jy geweet, haarwurm is die grootste enkele rede vir sterftes onder skape in Suid-Afrika? Moenie hierdie interessante gesprek met dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk vanoggend misloop nie. Dis belangrik, veral aangesien dié parasiet nou floreer.
Rensgrow Beefmaster
Ons kuier ook op die plaas Koksley in die Komga-distrik van die Oos-Kaap. Guy Rensburg van Rensgrow Beefmaster gesels met ons oor sy boerdery en die sukses van dié beesras in Suid-Afrika.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.


