Om boerderygemeenskappe veiliger te help maak, is die Agri Securitas Trustfonds in 1999 onder die beskerming van AgriSA gestig. Dié fonds, in samewerking met Idalia Holdings, sal tydens vanjaar se Nampo Oesdag ‘n opwindende nuwe inisiatief aan die publiek bekendstel. Ons vind meer hieroor uit.
Heinrich Victor vertel ons wat hierdie week met wolpryse gebeur het en Jaco Kirstein van Suid-Vrystaat Rosestad Brangus brei uit oor hul jaarlikse veiling op 14 Mei.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.