Friday, October 18, 2024

RSG Landbou: 6 Maart 2024 – geborg deur MSD

Geraasvlakke, ‘n korrekte werkstasie en selfs hitte en koue is van die faktore wat ‘n rol speel by beroepshigiëne. Fanie Strauss van Ebenaeser Environmental Consultants, het tydens ‘n Agbiz/Agbiz Grain werkswinkel hierop gefokus.

Willie van Heerden van Merino SA gesels daarna oor wolveilings en die gemoedere van produsente.

Ons fokus ook op die potensiaal van die plaaslike appelkoosbedryf. Die vraag is groot, maar produksie min. Michael Oosthuizen van International Plant Selection verskaf die redes hiervoor.

Ons gesels ook oor ‘n veiling wat op 14 Maart in die Modimolle-omgewing plaasvind. Dr Hennie Nel vertel ons meer.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week met trots deur MSD aan jou gebring.

MSD Animal Health is een van die wêreld se grootste dieregesondheidsmaatskappye. Die maatskappy is toegewyd aan die navorsing en ontwikkeling, produksie en bemarking van innoverende, hoë gehalte dieregesondheidsprodukte.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories