RSG Landbou: 6 Augustus 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor die koste om houtskilde of monteerplate vir jagtrofeë uit te voer en ons ontvang die nuutse vleispryse en weervooruitsigte.

Koste om houtskilde of monteerplate vir jagtrofeë uit te voer

Het jy geweet dit kos bykans 400 Euro om houtskilde of monteerplate vir jagtrofeë uit te voer? Die hoë koste is as gevolg van ‘n CITES-permit wat tans geld. Die Koalisie vir Volhoubare Benutting in Suid-Afrika, oftewel Suco-SA, en een van sy lede, die Suid-Afrikaanse Taksidermie- en Leerlooieryvereniging, het in Julie ‘n versoek ingedien dat die amptelike terminologie oor houtprodukte uitgebrei moet word. Pieter Swart vertel ons van die deurbraak wat hulle hiermee gehad het.

Nuutste vleispryse en weervooruitsigte

Chris Derksen is oudergewoonte terug met nuus oor vleispryse en vir die nuutste landbouweervooruitsigte, moenie ons gesprek met Johan van den Berg misloop nie.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Lantana camara: Waak teen dié struik

Estimated reading time: 3 minutesLantana-vergiftiging is een van die algemeenste vorme van plantvergiftiging by...

RPO Vrystaat-kongres: Winsgewendheid, BEK en leierskap

Estimated reading time: 3 minutes’n Besigheid moet winsgewend wees om volhoubaar te funksioneer.Die Rooivleisprodusente-organisasie...

Die geur, kleur en eer van Merino-ramveilings

Estimated reading time: 6 minutesHy het vir hom ’n geel Jaguar met ’n bedrag...

NWKV vier ‘n eeu van trotste vooruitgang met daadwerklike aksie

Estimated reading time: 9 minutesVir meer as ’n eeu ondersteun die NWKV kommunale wolprodusente...