Thursday, December 12, 2024

RSG Landbou: 5 Maart 2024 – geborg deur MSD

Ons hoor wat het by die algemene jaarvergadering van die Dohne Merino-telersgenootskap op Graaff-Reinet gebeur. Ons gesels ook met Isak Staats van BKB, spreker by die Dohne Merino algemene jaarvergadering.

Anja Meintjies van die Griekwastad Landbouskou vertel ons wat besoekers vanjaar kan verwag.

Verder gesels ons met die 88-jarige Abraham Kruger van Toverberg Simmentalers naby Colesberg oor die algehele uitverkoping van dié stoet op 13 Maart.

Heinrich Victor is ook op sy pos met die jongste wolveilingsnuus.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week met trots deur MSD aan jou gebring.

MSD Animal Health is een van die wêreld se grootste dieregesondheidsmaatskappye. Die maatskappy is toegewyd aan die navorsing en ontwikkeling, produksie en bemarking van innoverende, hoë gehalte dieregesondheidsprodukte.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories