RSG Landbou: 4 Maart 2024 – geborg deur MSD

Respiratoriese siektes kom al meer by beeste voor. Daar is verskeie redes hiervoor, maar swak ontwikkelde longe is ‘n groot oorsaak. Dr De Wet Barnard van MSD Animal Health verduidelik waarom die montering van die oorsake van longonsteking baie belangrik is. Hy gesels ook oor die TTA, oftewel Trans Tracheale Aspiraat-prosedure wat hiervoor gebruik word.

Veilings is ‘n vorm van bemarking en in die landboubedryf is daar verskillende tipes veilings, veral wat lewendehawe betref. Frik Verster van BKB bespreek die voordele van onder meer ‘n streeks-, vetvee- en aanteelveiling.

Daar is soos altyd ook veilingsnuus.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week met trots deur MSD aan jou gebring.

MSD Animal Health is een van die wêreld se grootste dieregesondheidsmaatskappye. Die maatskappy is toegewyd aan die navorsing en ontwikkeling, produksie en bemarking van innoverende, hoë gehalte dieregesondheidsprodukte.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories