RSG Landbou: 5 Januarie 2026 – geborg deur Husqvarna

In vanoggend se RSG Landbou gesels ons met Groep 3 Merino’s oor wat die term ‘erfdwang’ in die Merino-stoetbedryf beteken en die Landbounavorsingsraad praat oor die veelsydige rol van genomika in die veebedryf.

Erfdwang in die Merino-stoetbedryf

In Maandagoggend se RSG Landbou kuier ons op Zuurplaats in die Graaff-Reinet-omgewing by Groep 3 Merino’s. Weet jy wat die term ‘erfdwang’ in die Merino-stoetbedryf beteken? Theo en Jaco Potgieter asook Kleintjie Pienaar verduidelik waarom dit ‘n vereiste tydens seleksie is.

Veelsydige rol van genomika in die veebedryf

Moet ook nie ons gesprek met dr Simon Lashmar van die Landbounavorsingsraad misloop nie. Hy praat oor die veelsydige rol van genomika in die veebedryf en verduidelik hoe produsente nuwe ontwikkelings soos pangenome en mikrobiome prakties kan aanwend.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Related

RSG Landbou: 7 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die gemmerbedryf, die Nasionale Wolkwekersvereniging se 100ste bestaansjaar en ons ontvang die nuuste wolmarkverslag. Gemmerbedryf Niks...

RSG Landbou: 6 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die 2026 LRF Veeskool, AFSTA se kongres en ons skop af met ons nuwe...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minute Johan van den Berg is weer terug op sy pos met sy weeklikse weersake-gesprek met Lise Roberts op RSG Landbou....