RSG Landbou: 31 Desember 2025

In vandag se RSG Landbou kyk ons weer na ons gesprek met André Oberholzer oor die waarde van ‘n boom, Dr Klaas-Jan Leeuw praat oor sout in ‘n herkouer se voedingsprogram en Kenny Beeton brei uit oor die rol wat rhizobia-bakterieë in landbou speel.

Die waarde van ‘n boom

Het jy geweet dat elke deel van ‘n boom in iets nuttigs omskep kan word? Behalwe vir papier, word houtvesel ook in produkte soos klere, velsorgprodukte en dierevoeding gebruik. Kom luister weer saam na ons gesprek met André Oberholzer van Sappi hieroor.

Sout en beesvoeding

Dr Klaas-Jan Leeuw van die Landbounavorsingsraad verduidelik hoe sout in ‘n herkouer se voedingsprogram gebruik word.

Die rol van rhizobia-bakterieë by peulgewasse

Moet ook ons gesprek met Kenny Beeton van Nutrico misloop nie. Hy brei uit oor die belangrike rol wat rhizobia-bakterieë in landbou speel. Die bakterie kom natuurlik in die plant se wortelstelsels voor.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories