In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor herlewingslandbou, Februarie se aartappelpryse en ons ontvang die maandelikse internasionale landbounuus.
Herlewingslandbou
Waarom word herlewingslandbou en volhoubare praktyke toenemend ‘n besigheidsvereiste vir produsente? Zhann Meyer van Nedbank was ‘n spreker by vanjaar se Global Trade Review Africa-kongres en hy verduidelik hoe dié praktyke landbou-uitvoere raak.
Februarie aartappelmarkverslag
Aartappels SA vertel wat in Februarie-maand met aartappelpryse en markte gebeur het.
Internasionale landbounuus
Moet ook nie ons maandelikse internasionale landbounuus misloop nie.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.