Vanoggend in RSG Landbou is daar nuus oor die Swartlandskou, die Southern African Wildlife Management Association en die wolmarkte.
Weskus maak sy merk
Die Weskus-distriksmunisipaliteit het sy merk gemaak by vanjaar se Swartlandskou op Moorreesburg. Heinrich Robertson vertel ons meer.
SAWMA praat oor saamtrek
Lede van SAWMA, oftewel Southern African Wildlife Management Association, het onlangs naby Port Alfred in die Oos-Kaap bymekaar gekom. Ons hoor wat die president, Jeanetta Selier, oor die geleentheid te sê gehad het.
Verder is Heinrich Victor terug met die nuutste wolmarkverslag en Jessica Phatela gesels oor die Ntaba Nyoni Ankole & Friends-veiling van 4 Oktober by Bela-Bela.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.



