RSG Landbou: 23 Oktober 2025

In vandag se RSG Landbou gesels ons met Hansie Viljoen, ‘n finalis in die Graanprodusent van die Jaar-kompetisie, dr Schabort Froneman gee riglyne vir die hantering van entstowwe, en ons ontvang die nuutste vleispryse en weervooruitsigte.

Hansie Viljoen Graanprodusent van die Jaar-finalis

Hansie Viljoen van Leeudoringstad is vanjaar ‘n finalis in die Graan SA Graanprodusent van die Jaar-kompetisie. Ons gesels met hom oor hul boerdery wat bestaan uit mielies, sojabone, aartappels en koring asook beeste.

Riglyne vir die hantering van entstowwe

Entstowwe is belangrik vir kuddebestuur en daar moet veral op die hantering daarvan gelet word. Dr Schabort Froneman van Zoetis het tydens die LRF se Veeskool riglyne in hierdie verband verskaf. Ons het hom hieroor uitgevra.

Nuutste vleispryse en weervooruitsigte

Chris Derksen is terug met die week se vleispryse en Johan van den Berg praat oor weervooruitsigte.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

LandbouRadio: 7 April 2026

Estimated reading time: 1 minute In Dinsdag, 7 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Johan gesels met dr Bobbby van der Westhuizen, hoofbestuurder...

RSG Landbou: 7 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die gemmerbedryf, die Nasionale Wolkwekersvereniging se 100ste bestaansjaar en ons ontvang die nuuste wolmarkverslag. Gemmerbedryf Niks...

RSG Landbou: 6 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die 2026 LRF Veeskool, AFSTA se kongres en ons skop af met ons nuwe...

LandbouRadio: 6 April 2026

In Maandag, 6 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons skop af met onkruidkenner, prof Charlie Reinhardt, en hy gesels oor die...

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met die titel van Landbounavorsingsraad (LNR) Nasionale Vleisbeesverbeteringskudde van die Jaar...