In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die vleisbeesgenomikaprojek se klimaatswerkswinkel en verskillende mieliekultivars vir kuilvoer.
BGP klimaatswerkswinkel
Om die vleisbeesbedryf se mededingendheid te verbeter, moet diere beter by hul omgewing kan aanpas. So sê prof Michiel Scholtz van die Landbounavorsingsraad. In vanagoggend se RSG Landbou gesels ons met hom oor die BGP, oftewel vleisbeesgenomikaprojek, se klimaatswerkswinkel wat vroeg in Maart by die Future Africa-kampus in Pretoria gehou word.
Mieliekultivars vir kuilvoer
HW Beeken van Pioneer Saad gesels oor die verskille tussen mieliekultivars wat ’n direkte invloed op kuilvoergehalte en uiteindelik veeprestasie het.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.


