RSG Landbou: 22 Oktober 2025

In vandag se RSG Landbou gesels Gerhard van der Burgh oor die stand van die rooivleisbedryf, Frans Jordaan vertel ons meer oor die jaar se LNR Vleisbeespresteerderstoekennings en ons kry terugvoer oor Le Roc Brangus se 18de produksieveiling.

Stand van die rooivleisbedryf

Vanuit ‘n prysperspektief gaan dit goed met die rooivleisbedryf, maar die oorhoofse prentjie lyk nie goed nie. Dit was die woorde van Gerhard van der Burgh van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) by vanjaar se LRF Veeskool. Ons hoor wat sy siening is.

LNR Vleisbeespresteerderstoekennings

Op 27 November vind die jaarlikse LNR Vleisbeespresteerderstoekennings plaas en Frans Jordaan vertel ons meer.

Terugvoer oor Le Roc Brangus se 18de produksieveiling

Ons kry ook terugvoer oor Le Roc Brangus se 18de produksieveiling wat op 15 Oktober by Tweespruit in die Vrystaat gehou is.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

RSG Landbou: 7 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die gemmerbedryf, die Nasionale Wolkwekersvereniging se 100ste bestaansjaar en ons ontvang die nuuste wolmarkverslag. Gemmerbedryf Niks...

RSG Landbou: 6 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die 2026 LRF Veeskool, AFSTA se kongres en ons skop af met ons nuwe...

LandbouRadio: 6 April 2026

In Maandag, 6 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons skop af met onkruidkenner, prof Charlie Reinhardt, en hy gesels oor die...

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met die titel van Landbounavorsingsraad (LNR) Nasionale Vleisbeesverbeteringskudde van die Jaar...

LandbouRadio: 3 April 2026

In Vrydag, 3 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons skop af met 'n plaasvars landbounuusbulletin. ⁠Tydens die Afrika Saadverhandelingsvereniging se kongres in...