In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor die Dohne-Merino Wêreldkongres, Crux Dohnes se veiling op 30 Julie en ‘n paneelbespreking oor die samewerking tussen veekundiges en veeartse.
Dohne-Merino Wêreldkongres
Het jy geweet Suid-Afrika bied vanjaar vir die eerste keer die Dohne-Merino Wêreldkongres aan? Dit vind laat in Oktober in die Wes-Kaap plaas en Jacobus le Roux van BKB vertel ons meer.
Crux Dohnes hou veiling
Wikus Bekker van Crux Dohnes in die Edenburg-distrik deel sy opgewondenheid oor dié kongres, maar vertel ook wat op aanbod is tydens hul veiling van 30 Julie.
Samewerking tussen veekundiges en veeartse
‘n Paneelbespreking by die jaarkongres van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Veekunde, het gefokus op die samewerking tussen veekundiges en veeartse. Ons kry terugvoer van onder andere die bekende veearts, dr Danie Odendaal, asook prof Esté van Marlé-Köster van die Universiteit van Pretoria.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.