RSG Landbou: 21 Julie 2025

Die regulering van die uitvoer van bederfbare produkte, die Grasmunt Drakensberger-stoetery, ‘n Huntersvlei Sussex-veiling en die rol van sout in herkouervoeding. Dit alles in 21 Julie se RSG Landbou.

Wat is die rol van die PCCEB?

Die regulering van die uitvoer van bederfbare produkte is ‘n funksie van die Departement van Landbou. Lucien Jansen van die PPCEB of Perishable Products Export Control Board vertel ons meer oor die werk wat hulle doen.

Voorste teler gesels oor sy stoet

Ons luister na Carel Nel van die Grasmunt Drakensberger-stoetery in die Brandfort-omgewing. Hy is een van die land se voorste stoettelers.

Huntersvlei Sussex hou veiling

Verder bied Huntersvlei Sussex hul veiling op 30 Julie by Viljoenskroon aan en Enrico Cronjé gesels oor die diere wat op aanbod sal wees.

Watter rol speel sout in herkouervoeding?

Ons vind ook meer uit oor die rol van sout by herkouervoeding. Dr Klaas-Jan de Leeuw van die Landbounavorsingsraad is Lise se gas.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Melk SA.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

RSG Landbou: 8 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor TLU SA se eerste Jeugboer van die Jaar-kompetisie, topgenetika en die belangrike rol wat...

LandbouRadio: 8 April 2026

Estimated reading time: 1 minute In Woensdag, 8 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons spring weg met Leon die skaapherder en sy...

Dynamics of the South African lucerne hay industry (Part 4): Producer prices

Estimated reading time: 8 minutes The previous articles in this series focussed on aspects relating to grading, quality, production areas, and production methods. This article...

LandbouRadio: 7 April 2026

Estimated reading time: 1 minute In Dinsdag, 7 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Johan gesels met dr Bobbby van der Westhuizen, hoofbestuurder...

RSG Landbou: 7 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die gemmerbedryf, die Nasionale Wolkwekersvereniging se 100ste bestaansjaar en ons ontvang die nuuste wolmarkverslag. Gemmerbedryf Niks...