HomePodcastsRSG Landbou: 20 Januarie 2026

RSG Landbou: 20 Januarie 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor ooivoeding, Fenfield Farm se boerdery en ons ontvang die nuutste wolmarkverslag.

Ooivoeding

Het jy geweet die voedingsiklus van ooie moet verkieslik reeds vyf tot ses maande voor dekking begin? Carina le Roux van Feedtek gee raad oor hoe ooivoeding ‘n gesonde lammeroes kan verseker.

Fenfield Farm

Ons kuier ook op die plaas, Fenfield, naby Hogsback in die Oos-Kaap. Die Galloway-familie boer al 97 jaar in dié ongewone omgewing en ons hoor meer oor hulle unieke boerdery.

Nuutste wolmarkverslag

Die Suid-Afrikaanse wolmark het tydens die laaste veiling weer versterk. Heinrich Victor verskaf die redes hiervoor. Moet dus nie vanoggend se wolmarkverslag misloop nie.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Citrus export estimates show moderate growth

Estimated reading time: 4 minutes Despite the conflict in the Middle East and its knock-on effects on the worldwide agricultural industry, the South African citrus...