Thursday, December 12, 2024

RSG Landbou: 2 November 2023 – geborg deur Plaas Media

Is klimaatsverandering ‘n realiteit? Dr Louis du Pisani wat jaarliks by die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur-projek betrokke is, deel sy mening in Donderdag se aflewering van RSG Landbou.

Daarna kan luisteraars nader skuif om te hoor wat Mecki Schneider, die voorsitter van die LRF-Veeskool te sê het oor vanjaar se geleentheid.

Johan van den Berg is ook soos oudergewoonte op sy pos met nuus oor die weer.

Daarna bring Chris Derksen RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Luister nou na dié interessante onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories